‘Ontvoerde’ studente-aktivis in hegtenis geneem

Vusi Oldman Mahlangu Foto: Twitter

Vusi Oldman Mahlangu Foto: Twitter

Vusi Mahlangu, die studente-aktivis wat na bewering ontvoer is, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Maj. Robert Netshiunda, nasionale woordvoerder van die Valke, het gesê Mahlangu is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklagte van meineed en dwarsboming van die gereg. Volgens Netshiunda het Mahlangu die Valke se kantoor in die Oos-Kaap besoek en sy weergawe van die gebeure het agterdog gewek, waarna hy in hegtenis geneem is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn soektog is verlede week van stapel gestuur nadat Mahlangu glo “vermis” geraak het. Mahlangu se vriende het beweer hy is die laaste keer gesien toe hy Dinsdagoggend by sy vriend se huis in Mthatha in die Oos-Kaap weg is om ʼn vergadering met kontrakwerkers by te woon.

Sy vriende het later die dag glo ʼn WhatsApp-boodskap van Mahlangu se foon gekry waarin hy beweer hy is ontvoer en aangerand en word in ʼn donker kamer aangehou. Mahlangu het Vrydag beweer hy is deur sy ontvoerders vrygelaat en het Dinsdag ingestem om met die Oos-Kaapse tak van die Valke te vergader.

Mahlangu is bekend vir sy onderhandelings oor kontrakwerkers by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT). Ná gesprekke het die bestuur met ʼn proses begin om kontrakwerk uit te faseer en werkers se salarisse te verhoog. Hy is daarna na die Oos-Kaap om soortgelyke gesprekke by die Walter Sisulu-universiteit te voer.

Mahlangu sal binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wil jy nou meer... ·

Wie sou dit kon raai…… As hul so vinnig koerante toe hol moet jy weet daar slaap ‘n haas!!!! Verder soek die een regte moeilikheid om by Valke te gaan skrop, sal graag sy motief wou weet en dan natuurlik probeer hy vir hom naam maak.

Se maar net ·

January KRY VIR JOU. Het net aandag gesoek soos ek voorspel het. Nou gaan hy seker probeer om die gevangenis (inmates) se toelaes te verhoog en hulle ook permanent aangestel te kry voor hulle vonesse (KONTRAKTE) verstryk. Lol

M ·

Die dude is nou van hero na zero!!!! wat n grap. Hy sal ma op ander plek moet gaan aandag soek.

Theresa ·

Is Vusi wettig in die land dat hy so kan karjakker en allerhande goed reel?

Griki ·

Wel, dit besweer die bewering dat alle publisiteit goeie publisiteit is. Wou hy hom as ‘n martelaar uitgee?

Arizona ·

Ek het dit geweet!!!!!!!!!! En het dit ook genoem in n vorige berig waarop ek kommentaar gelewer het. Die ou het net aandag gesoek. Hy was so min ontvoer as wat ek n lap pop is. Wonder wat gaan sy verskoning wees vir sy geliegery.

Ben Prinsloo ·

Griki jy verstaan nie, almal is vandag martelare, sedert die koms van Oom Jan in 1652.

GES ·

Kan ‘n mens so eenvoudig wees dat jy eens ‘n ontvoering kon “fake” nie. Hy kyk seker nie genoeg tv nie.

Frans ·

Wou seke geld by die cubtas uis ma het agter gekom hule bank rekenings is gesluit haha domi gaan leer by jou meester jy ver agter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.