‘Ontvoerde’ studente-aktivis in hof

Vusi Oldman Mahlangu Foto: Twitter

Vusi Oldman Mahlangu Foto: Twitter

Vusi Mahlangu, die studente-aktivis wat beweer het hy is ontvoer, het Woensdag in die Mthatha-landdroshof verskyn, nadat hy vroeër die week in hegtenis geneem is.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Mahlangu het vlugtig in die hof verskyn op aanklag van meineed en regsverydeling. Volgens Tyali is die saak tot Vrydag uitgestel, sodat vasgestel kan word of Mahlangu enige vorige veroordelings het.

Mahlangu is Dinsdag in hegtenis geneem by die Valke se kantore in die Oos-Kaap.

Maroela Media het vroeër berig ʼn soektog is verlede week van stapel gestuur, nadat Mahlangu glo “vermis” geraak het. Mahlangu se vriende het beweer hy is die laaste keer gesien toe hy verlede Dinsdagoggend by sy vriend se huis in Mthatha in die Oos-Kaap weg is om ʼn vergadering met kontrakwerkers by te woon.

Sy vriende het later die dag glo ʼn WhatsApp-boodskap van Mahlangu se foon gekry waarin hy beweer hy is ontvoer en aangerand en word in ʼn donker kamer aangehou. Mahlangu het Vrydag beweer hy is deur sy ontvoerders vrygelaat en het Dinsdag ingestem om met die Oos-Kaapse tak van die Valke te vergader.

Mahlangu is bekend vir sy onderhandelings oor kontrakwerkers by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT). Ná gesprekke het die bestuur met ʼn proses begin om kontrakwerk uit te faseer en werkers se salarisse te verhoog. Hy is daarna na die Oos-Kaap om soortgelyke gesprekke by die Walter Sisulu-universiteit te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Loon ·

Hy moet net bietjie sy kop hard skud dat daai paar ore hom bietjie wakker klap!

sê ma net ·

Moet ma dopgehou word, klink so asof da werwing gedoen word vir IetSie of dinge soortgelyk.

Bloues ·

Jacob. Eish man jys onvergenoegd. Ai jaijai.
Dankie Maroela vir hierdie en enige ander nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.