Ontvoerde UJ-student veilig sonder R3 miljoen-losprys

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Student aan die Universiteit van Johannesburg is veilig en ongedeerd nadat hy Dinsdag gekaap en ontvoer is.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die student is by die universiteit se Soweto-kampus gekaap. “Die student is gekaap en ontvoer. Sy ontvoerders het sy ouers gebel en  ʼn losprys van R3 miljoen geëis,” het Makhubela gesê.

Die student se ouers het aan die ontvoerders gesê hulle het nie genoeg geld om die losprys te betaal nie, waarna die ontvoerders die losprys na R1 miljoen verander het, en uiteindelik na R50 000. Die student se ouers kon ook nie dié losprys bekostig nie. “Die student se ontvoerders het gedreig om hom dood te maak. Hy het om sy lewe gesmeek, waarna hulle hom vrygelaat het.” Die ontvoerders het die student se beursie en voertuig gesteel.

Veiligheidsbeamptes van die kampus het die student ná sy vrylating Woensdagoggend in ʼn veld sien loop en hom na die kampus vergesel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping en ontvoering.

Drie verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.