Ontvoerde vrou met familie herenig  

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Vyf mans is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn vrou van Welgemoed in Kaapstad.

Die 31-jarige vrou is intussen veilig met haar familie herenig nadat sy Dinsdag in ʼn huis in Mfuleni gevind is.

Volgens brig. Novelwa Potela, polisiewoordvoerder, is die vrou Vrydag ontvoer toe sy haar familie se onderneming waar sy werk verlaat het.

Haar voertuig is later verlate in NY 99 in Gugulethu gevind nadat sy nie by haar huis opgedaag het na werk nie.

ʼn Taakspan, bestaande uit lede van provinsiale georganiseerde misdaadondersoekers, misdaadintelligensie, spesiale taakmaglede en gyselaarsonderhandelaars, het onverpoosd gewerk en leidrade opgevolg waarna die vrou Dinsdag gevind is.

Volgens Potela ondergaan die vrou ʼn mediese ondersoek om haar welstand te bepaal.

Die vyf verdagtes, tussen 25 en 32 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van ontvoering, motorkaping, mensehandel en afpersing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre ·

en uitstap op R50 borg en mooi gevra word om weer aan te meld vir hof verrigtinge.

Blikkies ·

Dankbaar die vrou is gevind, Hier is nou wel verdagtes ge-arresteer maar die nuus wys dag na dag hierdie land is regtig die Mecca vir alle misdadigers om enige iets te doen met ‘n skraal kans om gevang te word. Van ANC ‘Gun-Running’ tot Human- Trafficking, Abductions for reward, Drug Cartels, Gangs, Money Laundering, geweldadige moorde, ontsnappings, Polisie en weermag lede betrokke by rooftogte, Hijackings tot stories van opleidings kampe vir Islamitiese Terroriste en die lys gaan aan en aan. Ek twyfel of dit ooit in my lewe sal regkom.

Niklaas ·

Ek wil nie spoke opjaag nie , maar ontvoerings is van die maklikste dade om uit te voer en dit gaan in die nabye toekoms eskaleer. Die kans vir geld insamel vir die misdadiger is soveel hoêr as om byv ‘n geldwa te beroof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.