‘Ontvoerder’ het gesê hy bring die kind terug

Katlego Lesenya wat op 21 Mei 2016 in Mokopane verdwyn het. Sy liggaam is op 30 Mei 2016 gevind. (Foto: SAPD, Limpopo)

Katlego Lesenya wat op 21 Mei 2016 in Mokopane verdwyn het. Sy liggaam is op 30 Mei 2016 gevind. (Foto: SAPD, Limpopo)

Katlego Lesenya, die negejarige seun van Limpopo wie se liggaam Maandag gevind is, se pa het gesê sy kind sou nog geleef het as die polisie vroeër reageer het.

Maroela Media het vroeër berig Katlego het op 21 Mei verdwyn.

Sy vermeende moordenaar, Jimmy Mlandazi Makhubela, het Maandag in die hof verskyn op aanklag van ontvoering, voor hy die polisie na ʼn rivier geneem het waar hulle Katlego se liggaam gevind het. Makhubela het na bewering Katlego, die seun van sy eksmeisie, gegryp terwyl hy in die straat in Mzombani, naby Mokopane (Potgietersrus) gespeel het.

Makhubela het Katlego glo na sy motor geroep en met hom weggery, nadat hy en Katlego se ma, Nancy, baklei het.

Katlego se ouers, wat ʼn paar jaar gelede van mekaar vervreemd is, het saam oor sy afsterwe getreur.

Sy pa, Medupe Lesenya, is ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Nancy is ʼn polisiekonstabel van die eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming.

Nancy het gesê sy is al nege jaar lank in die polisiediens en het nooit gedink sy sou ooit moes treur nadat haar eie seun ʼn slagoffer van geweld was nie.

Katlego is glo oor ʼn brug tussen bosse op die pad tussen Marken en Mokopane gegooi, ongeveer 40 km waarvandaan hy laas gesien is.

“Ek kon nie slaap nie. Elke keer wat ek honde in die straat hoor blaf het, het ek wakker geword en gedink dit is Katlego wat huis toe kom,” het Nancy gesê.

Katlego was in Graad 4 by Mokopane Primary School.

Nancy het gesê Katlego se jonger sussie vra gedurig waar is hy, sedert Katlego verdwyn het. “Ek kon nie glo dat my kind verdwyn het nie. Toe ek die verdagte gebel het, het ek gedink hy speel net en sal hom na my terugbring, maar ek het ʼn saak aanhangig gemaak.”

Medupe het gesê indien die polisie vinniger reageer het nadat Katlego as vermis aangemeld was, sou sy seun nog geleef het. “Ek is na die polisiestasie en hulle het die verdagte gebel. Hy het die heeltyd vir hulle gesê hy bring hom terug, maar daar was geen vordering nie,” het hy verduidelik. “Daar was geen soektog sedert Katlego verdwyn het nie. As hulle opgetree het, kon hulle dalk my kind lewend gevind het.”

Medupe het emosioneel vertel hoe dit agt dae lank geduur het voor Katlego se liggaam uit die plaaslike rivier gehaal is.

“Ek het al gesien hoe my vrou in die middel van die nag opstaan om na verdagtes te soek, maar dit het nie só vir ons gewerk nie.”

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Makhubela het die polisie na die toneel geneem nadat hy in die hof verskyn het op aanklag van ontvoering. Sy het gesê ʼn aanklag van moord sal bygevoeg word wanneer hy weer op 13 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gesiggie ·

Medupe en Nancy, ja ek kan jul seer verstaan, en ja as die polisie meskien net vinniger opgetree het? maar hul het gewag, die man sal mons die kind terug bring? dit is belaglik… ek sal hul kwalik neem… maar hoe gaan dit ooit die lewe van jul dierbare seun terug bring… net tyd sal leer, My Gebed vir jul is, dat God jul sal krag gee, om n kind te verloor moet een van die swaarste dinge ooit wees… mag jul weet, dat God vir Katlego styf in Sy arms toevou… sterkte aan jul as gesin…. en aan die man wat Katlego se lewe gevat het…. jou dag sal kom… en jy sal moet verduidelik… RIP KATLEGO…

Koos ·

My innige simpatie aan die ouers geen ouer moet sy kind begrawe nie en die saps net weereens ‘n bewys van die onbevoegdheid van die meerderheid van lede waarmee ons moet sit.

charlene ·

Ek hoop nie die ma of die pa los dinge hier nie. die ding van kinders moet 24 uur weg wees werk lankal nie meer nie en wat nog meer is hulle het geweet wie die kind het, hy het `n selfoon wt hy geantwoord het. Track him!! Julle kon die seuntjie se lewe gered het, hom die pyn en trauma gespaar het. Hy kon nou veilig terug by sy ma of pa gewees het. Stekte aan beide ouers. GEEN ouer verdien die pyn om hulle kind self te begrawe nie

Anoniem ·

Net weer n mislukking van Suid Afrika en polisie….Die pragtige kind kon nog geleef het vandag…..My hart huil saam julle……Daar is honderde duisende sulke gevalle..as ons regering net wil optree…die doodstraf terug bring….maar dis mos lekker om met handjies gevou te sit……

Fransie ·

Jammer om te se, maar in hierdie geval sluit dit vir my die ma ook in. Sy is immers self in die polisie en waar het sy uit die pad gegaan om haar kind op te spoor? Sy het mos geweet die man het haar kind gevat. Ek wonder maar net…

Corne ·

Fransie, jy weet nie wat die omstandighede was nie. Bly net stil as jy nie feite het nie.

Sterkte vir die ouers

Irene ·

Jammer polisie is stadig gaan kyk in die winkels om 9 – 12 daar is hul vinnig genoeg om te wag vir kos om te koop en sit in die karre vir hoe lank om te eet het hul nie genoeg werk om te doen nie wst van lunch time

jaco ·

as die kind wit was sal ek sulke swak optrede van die polisie nog kon verstaan, maar dis n absolute skande dat hulle mense van hulle eie ras so behandel

mian ·

Dit maak my bang om te dink die polisie doen nie eens hul basiese werk om ‘n KOLLEGA te help nie.

Armando ·

Corne, hierdie blad is daar om vir mense die geleentheid te gee om kommentaar te lewer. Wie is jy om vinger in die wind lesse te wil gee?

MissDemeanor ·

Daar is een baie duidelike tendens in heelwat kindermoorde. Kyk maar op die BBC weblad vir onlangse gevalle in Britanje ook. Die kind word vermoor deur die ma se nuwe man of nuwe kerel. Dit gebeur oor en oor, dit gebeur met witmense, swartmense, Orcas en chimpanzees… Die ‘ander man’ se kind word uit die weg geruim, net soos wat diere ‘n ander mannetjie se kleintjies doodmaak sodat hy met die wyfie kan paar en sy haar kan toespits op sy kleintjies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.