Ontvoerder-pa ontsnap uit aanhouding

Ray Pahlo

Ray Pahlo

Ray Pahlo, wat twee jaar gelede sy biologiese dogter Pura voor Laerskool Waterkloof in Pretoria-Oos ontvoer het, het uit aanhouding ontsnap nadat hy na Weskoppies-psigiatriese hospitaal gestuur is vir waarneming.

Ivan Andreou, Pura se stiefpa, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisie het hulle Dinsdag gewaarsku dat Pahlo ontsnap het. “Hy het gemaak of hy ʼn besering in Weskoppies opgedoen het en is na die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville gestuur vir behandeling,” het Andreou gesê. Pahlo het egter uit die hospitaal ontsnap en is steeds soek. Inligting oor hoe hy ontsnap het, is nog nie beskikbaar nie.

Andreou het gesê hulle probeer dinge “so normaal as moontlik” vir Pura hou en sy is Woensdagoggend skool toe. Hy sê hulle is egter op hoë gereedheid en wag nog vir meer inligting van die polisie. Maatskaplike werkers het die gesin gewaarsku, omdat Pahlo moontlik ʼn gevaar vir Pura inhou.

Maroela Media het in Desember 2012 berig Pura, toe 7 jaar oud, is die oggend deur Pahlo, toe 42, ontvoer nadat haar pleegma Kim, haar by die skool afgelaai het. Hy het haar uit haar ma se voertuig gepluk. Pahlo, ʼn vrou, en vier Zimbabwiërs is kort na die ontvoering in Lydenburg, Mpumalanga, vasgetrek.

Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.

Lees ook:
Pa wat dogtertjie ontvoer verskyn in hof
Vermiste dogtertjie veilig by die huis
Meisie (7) voor Pretoria-skool ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Magriet ·

Eks nogal nuuskierig of Ray Pahlo vorige oortredings het want volgens my laat die regstelsel enkel en (geskeide) ouers in die steek – om nie eens v die Welsynsdienste in SA te praat wat veral met welaf nie blanke persone roei en stoei en lasterlike en onwaarhede verkondig net om beheer v n saak te kry nie – enige mens sal emosioneel onstabiel raak as jou geliefde kind betrokke is en jy weet leuens word gefabriseur deur welsynswerkers – genopeg om enige sane mens n krimineel te maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.