Bewaringsbevel toegestaan ná ontvoerders goud by myn eis

Charmaine en Johnny Botha. Foto: Facebook

Die Bloemfonteinse hooggeregshof het ’n bewaringsbevel aan die polisie toegestaan ná die ontvoering van Charmaine Botha van Welkom meer as twee jaar gelede.

Botha is in 2018 by haar werkplek ontvoer en teen haar wil aangehou voordat haar vermeende ontvoerders die bestuur van die Harmony-goudaanleg waar haar man Johnny gewerk het, gekontak en op goud aangedring het in ruil vir haar vrylating.

Die myn het destyds aan die eise voldoen en Botha is ongedeerd vrygelaat. Nege mans is kort daarna in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die polisie het destyds tydens die verdagtes se inhegtenisneming op meer as R1,36 miljoen, 21 stukke goud en drie voertuie beslag gelê.

Die verdagtes is tans uit op borgtog en sal na verwagting weer Maart volgende jaar in die hof verskyn.

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AH ·

Ek kan nie anders as om te wonder of die verdagtes, wat tans uit is op borg, hulle enigsins sal steur aan die bewaringsbevel nie! Hulle het al ontvoer, wat is die kanse dat hulle ‘n bewaringsbevel sal gehoorsaam! Ek dink dit plaas die dame onder groter gevaar!

Misky ·

Hoe kan skurke met sulke oortredings enigsins borg toegestaan word? Watse gevaar hou dit nie vir die vrou en haar familie in nie?

Karina ·

Ek verstaan nie die regs stelsel nie. Hoe kan die skuldiges vrygelaat word, wat was die borgtog, seker minimaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.