Ontvoerders eis miljoene vir SA joernalis

Shiraaz Mahomed. Foto: Facebook

Ontvoerders eis ʼn loskoopbedrag van US$1,5 miljoen (ongeveer R21,5 miljoen) vir die Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mahomed, het die rampverligtingsorganisasie Gift of the Givers Saterdag gesê.

Dit volg ná Mahomed se ontvoerders in Sirië ʼn video op 26 April aan die organisasie gestuur het as bewys dat hy nog leef. Hulle het hierdie week geëis dat onderhandelings moet voortgaan, het Imtiaz Sooliman, woordvoerder van die organisasie, in ʼn verklaring gesê.

Alhoewel die ontvoerders $1,5 miljoen eis, het die Gift of the Givers dit reeds duidelik gemaak dat dit nie moontlik is nie. Hulle het aan die ontvoerders verduidelik dat Mahomed se familie nie die geld het nie en hy is ook nie in diens van ʼn groot onderneming wat die betaling kan doen nie, en die Suid-Afrikaanse regering sal ook nie die loskoopbedrag betaal nie. “Hulle het gesê hulle gun ons tyd om opsies te oorweeg,” het Sooliman bygevoeg.

“In ʼn daaropvolgende gesprek het ons gesê die bedrag is te hoog en hulle het gesê dit is onderhandelbaar. Hulle het Donderdagaand weer gebel. Hulle blyk angstig te wees en gesê hulle moet dringend dié onderhandeling afhandel. Die Russe is besig om die suide van Idlib en die noorde van Hama baie aggressief aan te val en hulle is besorg dat Shiraaz tydens een van die bomaanvalle kan sterf.

“Ons het [Saterdag] Shiraaz se familie besoek om die nuwe verwikkeling en moontlike gevolge te bespreek. Dit is presies waarvoor Shiraaz bang was in die video waar hy bystand versoek vir sy vrylating. Ons hospitaal in Sirië het bevestig dat die bomaanvalle beduidend toegeneem het. Die gesondheidsorgadministrasie in Idlib het versoek dat Gift of the Givers se Ar Rahma-hospitaal een van die fasiliteite sal wees om op bystand te wees om pasiënte van so ver weg as 70 km te ontvang. Ons het [Vrydag] ons eerste twee pasiënte ontvang.”

Sooliman het gesê die organisasie is ook in gesprek met godsdienstige leiers wat briewe sal verskaf waarin die onvoorwaardelike vrylating van Shiraaz versoek word om ʼn tragedie te voorkom. “Ons het Pierre Korkie verloor op die dag wat sy vrylating verseker is. Stephen McGown se ma is oorlede een maand voor sy vrylating. Ons wil beslis nie weer só voorval beleef nie,” het hy bygevoeg.

Mahomed is vroeg in 2017 in Sirië ontvoer. Lees alle berigte oor Shiraaz Mahomed op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HPV ·

Hier begin dit alweer, moet onder geen omstandighede met terroriste-organisasies onderhandel nie. Dit sal hulle net aanmoedig om baie meer ontvoerings te beplan en uit te voer. Kyk waar het ondehandelings ons gelaat!

kolla ·

Maklik om te sê as dit nie jou familielid is wat in die pekel is nie.

Hennie ·

Kat en muis speletjies! Daar is nie eers ‘n waarborg dat hy lewend vrygelaat sal word na die geld betaal is nie. As jy na sulke gebiede reis dan moet jy wéét jy kan in sulke moeilikheid beland! Ek kan my net indink hoe hulpeloos die familie in SA moet voel!

Gemaskerde Sopbeen ·

Ongelukkig het die wêreld so behep geraak met “aksie foto’s of video” dat fotorgrawe en kameremanne hulle lewe waag in oorlog geteisterde gebiede net sodat hulle materiaal duisende dollars en toekennings kan kry….AS hulle lewend daar uitkom. Selfs in die ou Suid Afrika was daar ‘n “bang bang club” vol media cowboys. Hierdie is nou die gevolge van onverskilligheid…………As jy nie die gevolge van jou keuses kan hanteer nie, moenie die keuses maak nie.

John ·

Mmmm…. die Egiptiese regering is daarvan beskuldig dat die joernalis gevange gehou word omdat hy glo deurmekaar was met die radikale opposisie en nou hou daardie mense hom glo gevange. Iets is baie verdag. Hy wil dalk nou terugkeer en so ietsie vir sy vriende nalaat. En geen haan sal daarna kraai nie… oy!

Jerry ·

Daar is goeie moslems en goeie Christene en dan is daar slegte moslems en slegte Christene. In die wereld van lig en duisternis moet ons glo dat die gyselaar n goeie moslem mens is totdat die teendeel bewys word, daarom moet hierdie mens gehelp word, indien dit enigsins moontlik is. Ons mense werk ook regoor die wereld in oorloggeteisterde lande en dit kan met enige van ons ook gebeur, net so maklik soos wat daar in SA by jou huis ingebreek kan word, tenspyte van al jou veiligheidsmaatreels. Mense moet hulle harte versag teenoor vriend en vyand anders is daar nie veel hoop vir hulle nie!

Hennie ·

Ek het vir ‘n tyd lank in ‘n gevaarlike land gewerk. Die maatskappy het versekering uitgeneem op my lewe sou daar so iets gebeur het. Dan moet ek bysê, ons het die nodige veiligheidsprosedures gevolg. Hierdie man het sy eie ding gedoen, gedink hy is Moslem genoeg en dat hy nie leed aangedoen dsou word nie! Kyk nou wat doen hy aan sy familie…en landsburgers!

willem botha ·

Ek wil nie n debat veroorsaak nie maar laat die moslems na die moslems omsien daar sterf elke dag baie christene onder moslem hand maar die media staar hulle blind agv politieke korrektheid.

Cherokee ·

Terloops, is dit bevestig dat hy moslem is? Ek woon in die stad waar die grootste saamtrek van Indiërs buite Indië is, en ken heelwat Indiërs wat Christene is. Daar is selfs meer hindoes onder die Indiërs, as moslems.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

Viva die Israeli Weermag……..geen onderhandelings met terroriste….en die terroriste weet dit……onthou nog Uganda?
.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.