Ontvoeringondersoek ná Welkom-bejaarde verdwyn

Die 82-jarige Karl Reich word beskryf as lank, slank en fiks. Hy weeg sowat 80 kg. Foto: Facebook

Die polisie in die Vrystaat ondersoek nou ʼn saak van ontvoering, agt weke nadat ʼn 82-jarige bejaarde van Welkom as vermis aangemeld is.

Kapt. Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê hulle het rede om te vermoed Karl Reich van Jim Fouchépark is ontvoer nadat die polisie foto’s van ʼn e-tolhek in Johannesburg bekom het wat wys hoe iemand met sy wit Kia Cerato, registrasienommer FDC861FS, en goudkleurige Honda Civic, registrasienommer DSS377FS, daardeur ry.

“Ons het besluit iets verdags is hier aan die gang,” het Thakeng Maandagoggend aan Maroela Media gesê, amper twee maande nadat beeldmateriaal van die veiligheidskameras by ʼn motorhawe naby Reich se huis gewys het mense ry daar met sy twee motors op die dag van sy verdwyning, 24 September.

Reich se dogter en skoonseun, Belinda en Johan Ferreira, het nadat hy as vermis aangemeld is ʼn hofbevel gekry wat Absa gedwing het om inligting bekend te maak wat aangedui het dat die bejaarde se kredietkaart op 25 September, die dag nadat hy vermis geraak het, onsuksesvol vir drie transaksies in Johannesburg gebruik is.

Beeldmateriaal van kameras by die tolhekke tussen Kroonstad en Johannesburg het egter niks opgelewer nie.

Reich het alleen in Welkom gewoon. Foto: Facebook

Reich se huisalarm het die aand van sy verdwyning afgegaan, maar Reich het die veiligheidsmaatskappy verseker niks skort nie. Die alarm is egter sowat ʼn uur later weer geaktiveer. Later die aand het bure ondersoek ingestel toe hulle sien sy motorhek staan oop en ligte brand.

Thakeng sê die polisie ondersoek steeds elke moontlike leidraad. Gevra wie veronderstel is om Reich se familie terugvoering oor die soektog na hom te gee, sê hy die ondersoekbeampte sal hulle laat weet sodra die polisie enige vordering maak.

“Maar dis ons plig om die familie deurentyd op die hoogte te hou, selfs al vind ons niks nuuts uit nie. Die ondersoekbeampte moet in aanraking met die familie bly.”

Ons net lank gesukkel dat hulle dit verander, want wanneer dit ʼn ontvoering is, sal hulle harder aan die saak werk.

Vyf dae gelede het Belinda op die Facebook-groep Karl Reich Missing, wat amper 3 000 lede het, geskryf al die landsgrense is nagegaan en haar pa is beslis nie landuit nie.

“Daar was al baie ontvoerings in Welkom,” het sy geskryf. “Ek kan nie bespiegel oor wat in dié gevalle gebeur het nie, maar ek glo die polisie sal hul werk doen en vasstel of daar enige ooreenkomste is.”

Johan het Maandagoggend aan Maroela Media gesê die familie is bly die polisie ondersoek nou ʼn ontvoering. “Ons net lank gesukkel dat hulle dit verander, want wanneer dit ʼn ontvoering is, sal hulle harder aan die saak werk.”

Hy sê hul hoop “vervaag elke dag”, maar hulle is “absoluut hoopvol” dat Reich gekry sal word, want “terwyl ʼn mens nie weet nie, is daar nog hoop”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gesiggie ·

Dit is al so n lank tyd? al wat n mens kan doen is Bid en aanhou Glo dat Reich veilig terug sal kom…. hierdie Familie gaan deur hel… ek hoop regtig dat deur die werk van die polisie en ander mense dat daar n antwoord sal wees op die man se verdwyning… Sterkte aan die Familie.

lewies ·

As Suid-Afika van bygeloof gereinig word, sal die verdwyning van mense ook ophou. Die natuur sal dan ook ‘n rus kans kry.

Jane ·

Jis julle is darem treurig … sy bankkaart is ONSUKSESVol gebruik .. sy MOTOR is deur vreemde mense bestuur maar julle SUKKEL om die kloutjie by die oor te bring? Dink julle regtig hy het SELF verdwyn terwyl al hierdie tekens daar is?? Arme familie . sterkte vir julle.

Skande ·

So die polisie het nog nie uitgevind waar sy kaart onsuksesvol probeer gebruik is nie. Alle banke en autotellers het kamaras. Hoe lank kan dit neem?

Michelle ·

Wat doen polisie omtrent die feit dat so baie mense in Welkom ontvoer raak vra maar net.

Welkom in Welkom ·

Wat op dees aarde gaan aan in Welkom??? Dit klink of alles nie wel is in Welkom nie.

Ieder geval, mag die persoon ongedeerd opgespoor word. Sterkte aan die familie gedurende hierdie t yd van onsekerhied. .

Santjie ·

shucks Sherlock!!! hulle kon al die eerste dag na dit bekend gemaak is die motors was by ‘n garage agterkom daar is fout?! – die oom kan tog nie 2 voertuie gelyk bestuur nie?

marous ·

Na twee maande raak dit verdag ? Waar is julle 72 uur taakspan ? O nee wag , dit geld nie vir witmense nie .

VanAfrika ·

As n persoon na 48 uur nie lewend opgespoor word nie, verander dit dan net om n liggaam op te spoor. Ek dink die oom is lankal dood en daardie motors se nommer plate is lankal verander en die motors lankal landuit. Ons het mos nou n nuwe brug wat ons tot Mosambiek verbind. Ons motors gaan vinnger verdwyn as wat ons dink.

skerpioen ·

Jammer maar ek voel nie meer welkom in Welkom nie… ek bid regtig dat hierdie Oom gevind sal word. Dis so lank al en hy is nie meer vandag se kind nie.

hannelie ·

Dankie tog ek bly nie in Welkom nie…..want als klink nie wel daar nie.

Alida ·

Het die SAPD nie dadelik al die tolhekke laat weet van die vermiste motors nie? Ek vra maar net.

Michelle ·

Nee ongelukkig verwag ek nie veel van die polisie nie. Die polisie word ‘n baie goeie salaris betaal om dienste te lewer aan die publiek soos in die geval alles moontlik te doen om die man op te spoor. As daar vorige soortgelyke gevalle is dit sake wat saam gevoeg moet word en deeglik ondersoek of waarvoor word hul nou betaal. Om mooi te lyk.

Nelie Smidt ·

Slegste van als…al die inligting word deur sy dogter gekry…nie die speurders nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.