Ontvoeringsdrama speel af in Limpopo

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Drie polisiebeamptes is beseer in ʼn suksesvolle operasie om ʼn vrou te red wat vroeër die week in Polokwane, Limpopo, ontvoer is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 36-jarige vrou is Dinsdag ontvoer. “Die vrou het net haar motor parkeer toe sy deur twee mans gegryp is wat haar geblinddoek en agter in haar voertuig ingeboender het, voordat hulle met haar weggery het.”

Mulaudzi het gesê die ontvoerders het daarna die vrou se familie gebel en ʼn losprys geëis.

ʼn Reëling is getref om die geld Donderdagaand op ʼn afgespreekte plek tussen Polokwane en Lebowakgomo te oorhandig. “Die familie was omstreeks 20:00 op pad om die geld af te gee, met die Valke en polisie wat hul volg, toe die ontvoerders hulle gebel en gesê het om die geld by Ga-Chuene naby Lebowakgomo af te gee,” het Mulaudzi gesê.

“Die ontvoerders het op die toneel aangekom en uit hul voertuig geklim terwyl hulle ʼn vuurwapen op die slagoffer gerig het. Soos hulle nader gestap het na die geld toe, het hulle besef die polisie is ook daar en op hulle losgebrand. Drie polisiebeamptes is gewond.”

Die ontvoerders het die geld en hul voertuig agtergelaat en in nabygeleë bosse in gevlug.

Die vrou ontvang tans traumaberading by ʼn hospitaal. Die ontvoerders is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Annelie Gilliland ·

Hoe is dit moontlik dat 3 lede gewond is en die ontvoerders weggekom het? Was die die polisie lede dan nie voorbereid om so n gevaarlike situasie te hanteer nie?

Trolle ·

Baie goeie vraag ja ongelooflik,
Gaan kyk op utube die russiese spesmagte hulle is net so ongelooflik,ongelooflik goed.

Inge ·

Skuus, maar hoe is dit ‘n “suksesvolle operasie”? Die skurke het dan weg gekom! Ek is bly die vrou is darem nie beseer nie, maar…

jaco ·

as almal betrokke se ras bykom sal dit meer duidelik wees waarom die ontvoerders weggekom het.

pottie ·

Julle wat so maklik kommentaar lewer oor die polisie moet wakker word. Julle al ooit vir n oomblik gedink dat die polisie nie net kon skiet nie want die onvoerde vrou kon gewond word asook onskuldige mense. Die verdagte hoef nie daar oor te worry nie want hul gee nie om vir lewe nie.

Jaco ·

die SAP het nog in die lae 90’s n eenheid gehad wat opgelei was vir situasies soos die. Daardie manne kon n 10c skiet van 50m af. So pottie met die regte opleiding kon hulle los brand en hulle almal vasgetrek het

vernon ·

Ek was daar. Hanteer dit reg en wees ‘n wenner. Afrika sukkel ‘n bietjie so wees geduldig.

pop ·

En passop, hier kom n nuwe plaag. ontvoering vir geld. Duisende mense verloor hulle werk, die regering kyk anderpad en nou gaan daar planne beraam word om geldelik geholpe te raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.