Ontwerper van SA vlag sterf

Fred Brownell. (Foto: Departement van kuns en kultuur)

Fred Brownell, die man wat verantwoordelik was vir die ontwerp van Suid-Afrika se post-demokratiese nasionale vlag, is Vrydag in die ouderdom van 79 dood.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Brownell, ʼn voormalige staatsheraldikus, as ʼn “patriot en nasionale held” beskryf.

“Dit is onmoontlik om die geskiedkundige toeval van Brownell se dood, so kort ná die suksesvolle afhandeling van Suid-Afrika se sesde nasionale en provinsiale verkiesings en Suid-Afrika se viering van 25 jaar van onafhanklikheid, te ignoreer,” het Mthethwa in ʼn verklaring gesê.

Mthethwa het gesê dié toeval besorg dalk aan Brownell die laaste eer vir die belangrike rol wat hy in die geskiedenis van ʼn post-demokratiese Suid-Afrika gespeel het.

Brownell het sy ontwerp destyds aan oudminister Roelf Meyer – toe die regering se hoofonderhandelaar gewys – en hy het dit aan sy ANC-eweknie, (nou pres.) Cyril Ramaphosa gewys. Daar was glo aanvanklik ʼn lang stilte, waarna applous uitgebreek het.

Oudpres. Nelson Mandela moes die ontwerp óók goedkeur. Die ontwerp is aan Mandela gefaks en iemand aan die ontvangkant moes na ʼn skryfbehoeftewinkel hardloop, inkleurpotlode kry en die vlag inkleur. “Gelukkig was mnr. Mandela gelukkig daarmee,” het Brownell vroeër gesê.

In antwoord op ʼn vraag oor wat sy ontwerp geïnspireer het, het Brownell volgehou al wat saak gemaak het, was dat die vlag ʼn plek in die harte van die oorgrote gedeelte van die bevolking vind en ʼn verenigende simbool vir die land word.

Nthathi het sy medelye met Brownell se vrou, Christine, sy dogters, kleinkinders, familie en diegene wat hom geken het, betuig.

Brownell was ook die ontwerper van onder meer die Namibiese vlag en landswapen.

  • Die ontwerp en kleure van die vlag is ʼn samevatting van die hoofelemente uit Suid-Afrika se vlaggeskiedenis. Daar is geen amptelike simboliek aan die vlagkleure (swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou) verbonde nie. (Bron: Wikipedia)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Dries du Toit ·

Nogal n witman wat dit ontwerp het. Binnekort gaan dit ook n simbool wees van die onderdrukker in SA net soos ons dierbare taal en die Stem

Martiens ·

Ja nee en die landswapen was deur my neef Ian Bekker ontwerp! Julius en Anxile ( of wat ookal) moet darem kwaai suur wees !

Johan ·

so dis Nie die ANC se swart,geel en Groen en SAKP se rooi in die vlag Nie???

Leeu ·

Wonder waar’s al die rasiste wat so moan oor n vlag. Afrikaners wil die ouvlag behou, en sê die hul moet stop om te moan, maar moan permanent oor die “nuwe” vlag.

Pieter ·

Leeutjie,
Die vlag verteenwoordig moord, roof en vernietiging. As jy so trots is op jou vlag geniet hom maar moenie huil as die moordenaars en rowers by jou kom aanklop nie.

JaNee ·

So mense wat van die ou vlag hou is – volgens jou – kwansuis – rasisties. Leer ons almal presies wat ‘n rasis is. Ek wil graag leer van jou ou grote Leeu.

marco polo ·

Ons behoort dankbaar te wees dat die laaste vlag in die prentjies gekies is en nie een van die ander nie, hulle is darem wragtag nie mooi nie. Persoonlik het ek nie n probleem met die vlag nie, dis net n vlag en identiteit as SAner in die buiteland. Ek het wel n probleem daarmee as mense my wil verbied om die ou vlag te het, wat ek terloops in China sommer op die internet kan koop. Enige bestellings?

Rupert Ashford ·

Marco, ek soek ‘n vierkleur. Ou vlag lankal aangeskaf toe die manne begin dreig het…mens moet mos darem voorbereid wees…?

Magdaleen Vosser ·

SA se “post-demokratiese”nasionale vlag?Klink vir my reg,want SA se kastige demokrasie is ‘n klug.

Haan ·

Umkhonto se kleure wat die vierkleur penetreer. Die “smartieboks” vlag

Jack Klok ·

Die “Jockey” vlag sal net soos die Oranje-Blanje-Blou en die Union Jack geskiedenis word. Niks hou vir altyd nie, veral nie in Seffrica nie. Instandhouding verg ‘n lang termyn visie.

Diegene wat die “ou” vlag wil verbied is eintlik kliphard besig om vir ‘n beter verlede te veg, in sigself ‘n futiele oefening.

Ingo ·

Sover ek reg kan onthou sou dié vlag net n tydelike vlag gewees het, om weg te doen met ou vlag.Daarna sou daar oor n permantente vlag ontwerp besluit word.

SjN ·

Die ontwerp is gedoen ná hy antie stompie nakend gesien het.

JaNee ·

Kyk hoe het dit begin – met die Union Jack se kleure en patroon. Baie moeite gedoen om te verseker oranje is glad nie ‘n kleur nie. ‘n Vlag wat niks beteken. Dit is reg – daar is geen betekenis – net mengelmoes van kleure.

John ·

Alle vlae het simboliek, veral as n heraldikus die vlag ontwerp het.
Die gebroke kruis in die A N C se kleure gee erkenning aan die organisasie se bydrae om n nuwe regering van nationale eenheid aan bewind te kry geskou op menseregte. Die wit stel politieke vrede voor. Die rooi stel die internationale kommunis voor en die blou die nuwe wereld orde.
75% vd A N C se national executive committee was en is dalk nog steeds ingeskrewe lede vd S A K P. Die Nationale Party se hoof onderhandelaars was almal verbind aan die Nuwe Wereld Orde, Pik Botha het 6 keer verwys na die Nuwe Wereld Orde in sy 1ste tv debat voor 94 verkiesing.
SA is die 1ste land in die wereld waar die NWO en Kommunis n onderhandelde skikking gesluit het om saam te regeer.
Nee, niks is toevallig nie!

KaterinaKat ·

Rooi vlag met n bol ontlasting daarop sou beter wees. Rooi vir al die bloed wat al vanaf 1994 vloei, en nog gaan vloei – en die bol ontlasting om te wys wat die land nou is, en altyd in die toekoms sal wees.

Piesang ·

Ek wens ek kan iewers toiletpapier kry met die vlag se embleem op. Dink nogal dit sal funky lyk…

Bertie ·

Ek dink die Wikipedia is verkeerd daar, volgens wat ek kon oplees, is daar baie simboliek ook ingewerk in die vlag, bv die anc se kleure en ook is die rooi nie eintlik n bloedrooi nie maar meer van n oranje rooi omdat die eerste landsvlag se oranje wit blou en die vierkleur vlag en britse vlag se kleure moes verteenwoordig sodat die geskiedenis ook bewaar word saam met die nuwe groei van anc oornamen in 1994.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.