Ontwikkelaars betrap dat hulle glo by stadsraad steel

Amptenare van Johannesburg se stadsraad besig om ’n onwettige waterverbinding in Redefine Development in Wilgeheuwel af te sluit. Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA

Werknemers van drie maatskappye is Dinsdag glo op heterdaad betrap dat hulle krag en water by die Johannesburgse stadsraad steel.

“Onwettige verbindings maak dit vir die stadsraad baie moeilik om gehalte-dienste aan die mense van Johannesburg te lewer,” het Herman Mashaba, burgemeester, tydens die optrede teen onwettige verbindings gesê.

Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba (links), sê hulle sal onwettige verbindings stopsit, al duur dit jare. Foto: ANA

Hy sê die stadsraad sal die koste van die elektrisiteit en water bereken wat gesteel is en dit van die oortreders verhaal.

Mashaba is vergesel van Funzela Ngobeni, burgemeesterskomiteelid, en Floyd Bring, die Goudstad se hoofbedryfsbeampte.

Tydens ʼn soortgelyke optrede verlede week het die burgemeester gesê die stadsraad het bevind die raad het ʼn verlies aan inkomste van amper R9 miljoen gely weens die drie ontwikkelaars se onwettige verbindings.

“Ons wil nie graag hul water en elektrisiteit afskakel nie, maar ons sal seker maak dat almal die reëls gehoorsaam.”

Die doel van die optrede was om ontwikkelaars te identifiseer wat die stad se water, krag en riooldienste gebruik sonder om daarvoor te betaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Manie ·

Moet nou nie kamtig so verbaas wees. Gaan na enige township en jy struikel behoorlik oor al die onwettige krag aansluitings. Maar jou ogies is vir politieke redes toe vir dit

Koos de Meyer. ·

Kyk maar hoe lyk dit in die sogenaamde nedersettings. Krag wat hulle verniet kry. TV skottels oral dis te lekker want ons be mos vir dit.

Hasie ·

Mnr. Mashaba, jy is ‘n baie oulike en regverdige burgemeester. As ek kon kies sal jy Staatspresident gewees het. Dan sal SA weer regkom.

Kiki Burger ·

Telkemale aangemeld. Met adresse asook onwettige plamne.
Materiaal v Tshwane vir appel ei verkoop. Raai niks gebeur. So wie oes almal.

Skroef ·

Hulle het mos betaal vee wat kan help om te balanseer. Daarom betaal sommige mense R1,65+ per kw en ander met 89c een kw gaan net sover in Clifton as in Guguletho so hoekom is daar n verskil in prys?

Willie ·

Alles val uitmekaar, keer is daar geen… Vat mens beheer en probeer korrupsie keer, dan is jy n rassis…

Mags ·

Nou gaan hulle die R9 000 000 van die ontwikkelaars verhaal ??? Seker nie… almal het mos ‘n hand in die pastei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.