Ontwrigting van sitting oor universiteitsfooie veroordeel

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die parlement se komitee oor hoër onderwys en onderrig het ʼn groep studente veroordeel wat Dinsdag ʼn sitting van die presidensiële kommissie van ondersoek na universiteitsfooie ontwrig het.

Connie September, die voorsitter van die komitee, het gesê die rolspelers wat deel is van die kommissie probeer om ʼn oplossing te vind vir die omstrede #FeesMustFall-kwessie en moet nie deur gewelddadige optrede verhinder word om hul werk te doen nie.

Die kommissie se sitting in Kaapstad is deur studente-aktiviste ontwrig, wat probeer het om te keer dat Max Price, die vise-kanselier van die Universiteit Kaapstad (UK), aan die sitting deelneem. Die kommissie is verlede jaar deur pres. Jacob Zuma op die been gebring om die werkbaarheid van gratis tersiêre onderwys in die land te ondersoek.

September het gesê die ontwrigting van die sitting is onaanvaarbaar en die komitee eis terugvoer van die departement van hoër onderwys oor hoe die kommissie sal voortgaan om sy werk te verrig. Sy het gesê alle rolspelers moet help om die kwessie te hanteer. “Die komitee wil weet wat gedoen is om te verseker stappe sal in die toekoms gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

gatvol ·

Kan ons asb die studente se punte sien wat so ‘kla’ oor alles en alles wil afbrand? As jy dan so slim is sal jy seker besef daai boeke wat jy so verbrand is WAT JOU IETS MOET LEER!!!!

Oosie ·

Ek stem 100% saam. Ek dink dit sal nogal vir hulle n absolute openbaring wees as hulle na die punte van die landwye betogers kyk!! Dit kan die benadering tot ‘n oplossing totaal verander en ek is seker dit sal bewys dat hulle net moeilikheidmakers is en gladnie studies as prioriteit het nie.

Lance ·

Die trop mense wat alles so brand is die leiers van more …wat n toekoms !

John ·

Respek vir niks en niemand… Selfs diegene wat die probleme wil oplos word geminag. Die president behoort baie bang te word. Is die toetrede van die weermag met skerppunt-ammunisie dalk die uiteindelike roete vir die dwingende dwase brandende kwessies van die groeiende miljoene buite-beheer SA-inwoners? Chaos en amok is breinlose reuse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.