Ontwrigting vir Kaapstad-brandweer verwag

Brandbestryders het na die Burgersentrum in Kaapstad opgeruk (26 September 2019) (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Die Stad Kaapstad het Maandag gewaarsku dat daar moontlik ontwrigtings kan voorkom in sy brandbestrydingsdiens te midde van dreigemente deur brandbestryders, wat aan vakbonde behoort, wat nie op bystand wil wees nie.

Richard Bosman, uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit, het in ʼn verklaring gesê Kaapstad het in die lig van die brandseisoen gebeurlikheidsplanne in werking gestel indien lede van die Munisipalewerkersvakbond (Samwu) sou staak.

Brandbestryders van Kaapstad het verlede week ʼn optog gehou en oortydbetaling geëis. Volgens die brandbestryders werk hulle elke week langer as die gereelde ure wat van hulle verwag word. Stad Kaapstad het egter die bewerings verwerp dat brandbestryders nie oortydbetaling ontvang nie.

Volgens die verklaring is daar meer as 900 brandbestryders in diens van die stad en ʼn minimum van 240 brandbestryders is aan diens by die 30 brandweerstasies in die stad.

Ongeveer 60% van die personeel is lede van Samwu.

Brandbestryders het na die Burgersentrum in Kaapstad opgeruk (26 September 2019) (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

“Die minimum hulpbronvereiste vir ʼn brandweerstasie is een brandweerwa en ʼn maksimum van ses personeellede,” het Bosman bygevoeg. “Kritieke brandweerstasies is reeds geïdentifiseer waar ʼn minimum vlak van diens steeds vir die stad beskikbaar sal wees.”

Indien Samwu-lede sou weier om bystand-ure te werk, sal die Brand- en Reddingsdiens:
– Personeel na kritieke brandweerstasies ontplooi waar daar ʼn tekort aan personeel is
– ʼn Beroep op dagskofpersoneel doen om op die bystandrooster te wees om voertuie te beman
– Personeel versoek om hul vakansiedae te gebruik om personeeltekorte te takel
– Bystand van naburige munisipaliteite versoek kragtens ʼn staande ooreenkoms indien daar noodgevalle is.

“Die Brand- en Reddingsdiens sal ook dissiplinêre stappe doen teen enige werknemer wat weier om bystand-ure te werk, aangesien dit teenstrydig sal wees met hul huidige diensvoorwaardes. Personeel, wat gedreig word, word aangemoedig om die voorvalle aan te meld, sodat dit ondersoek kan word en stappe gedoen kan word teen die verantwoordelike persone.”

Bosman het gesê Stad Kaapstad bly verbind daartoe om die voortgesette dispuut met Samwu op te los, terwyl hy steeds voldoen aan sy diensleweringsmandaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

wat help dit die DA is in beheer, maar omtrent almal wat vir die Stad Kaapstad werk, is in vakbonde wat ANC-COSATU geaffileerd is. Maak SA n eenpartystaat. maak ALLES ANC. Kry net n staatshoof soos die ou Mugabe, voor die jaar 2000. Daar was wet en orde in Zimbabwe daardie tyd, die weermag en polisie het vinnig klaargespeel met stakings, die Zimbabwe dollar was STERKER as die SA Rand en wit boere is uitgelos.

Dom ·

Jy meneer sleg brandweer man het geweet waaroor dit gaan die dag toe jy besluit het om n brandweer man te raak so moenie nou kla nie. Julle raak net slegter en slegter….. Sleg goed

@Dom ·

Versigtig Dom. Nie almal is sleg nie. Die oorgrote meerderheid van hulle het met oop oë daar gaan werk. Hulle wil graag ‘n verskil maak aan dom mense se lewens. Hulle is die mense wat moet gaan red wat te redde is wanneer dom mense dom foute maak. Al wat hulle vra is om net soos ander mense behandel en betaal te word. Is jy bereid om te doen wat hulle doen teen dubbel of driemaal die betaling?

George in Bloem ·

Werk of staak. Die produktiwiteit sal nie veel verskil nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.