Prof. Muhammad Ali Dhansay het gesê Noakes se twiet het nie genoeg besonderhede verskaf nie en hy ken ook nie die mediese geskiedenis van die baba oor wie hy raad gegee het nie. “Prof. Noakes het onvanpaste en onverantwoordelike voedingsraad aan ’n ma verskaf.”
Noakes word deur die Suid-Afrikaanse Dieetkunde-vereniging (Adsa) daarvan beskuldig dat hy “ongewone raad” op sosiale media gedeel het nadat hy ʼn ma aangeraai het om haar baba met ’n laekoolhidraat-, hoëvet-dieet te speen.
Adv. Ravin Ramdass, Noakes se regsverteenwoordiger, het gesê niks het daarop gedui dat die kind ʼn “mediese toestand” het nie.
Dhansay het hierop geantwoord dat daar ook geen inligting was wat daarop gedui het dat die kind nié ʼn mediese toestand het nie. Dhansay het vroeër die belangrikheid verduidelik om al die agtergrondinligting van ʼn pasiënt te ken wanneer raad gegee word. “Volgens my was Noakes se twiet heeltemal onvanpas.”
© RDM News Wire
Tim het raad gegee. Die ouers kon besluit of hulle dit gaan volg of nie!!
Hierdie klink vir my na ‘n Heksejag met bymotiewe!!
Manie.ek ken nie n heks wat net vet eet nie!
Klink vir my ook na heksejag! Dit is duidelik sekere verdagte mense het hul mes in vir hom!
Heelwaarskynlik net herhaal wat hy in sy boek “Raising superheros” klaar gesê het…
Is dit nou regtig al wat hulle te se het. Was/is hierdie hofsaak regtig nodig?????
Nee-a, Gerrie – natuurlik ken jy so ‘n heks!!! Wat van Hansie en Grietjie se heks, wat hulle vingertjies se vet inhoud gemeet het! Sy wou hul nie eet, voordat dit nie lekker vet was nie!