Onverantwoordelike uitsprake vernietig die ekonomie, sê VF Plus

pieter mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Die VF Plus meen president Jacob Zuma en die ANC-leiers maak deurlopend verwarrende en populistiese uitsprake oor grond en die landbou ten einde die EFF in die komende verkiesing te oorbie met stemme.

“Dit skep groot onsekerheid en maak dat geen landbouer bereid is om uit te brei of nuwe werkgeleenthede in die landbou te skep nie,” het Pieter Mulder, leier van die VF Plus, tydens verkiesingsvergadering op Vaalwater in Limpopo gesê. “Dan is die ANC verbaas as die landbou vir vyf agtereenvolgende kwartale krimp – die laaste kwartaal met 6,5%.”

Mulder meen die kernprobleem op die oomblik in Suid-Afrika is dat die ANC-regering kiesers se stemme en populisme bó die herstel van die ekonomie verkies.

“Dit is uiters onverantwoordelik en kortsigtig. As jy deurlopend die sakesektor, mynbase en die landbouers blameer vir alles wat verkeerd is in Suid-Afrika, moet jy nie verbaas wees as al daardie sektore reageer met negatiewe groei nie. Mynbou het met 18% gekrimp en die landbou met 6,5%. Natuurlik speel kommoditeitspryse en die droogte ʼn rol. As jy egter hierdie sektore vergelyk met sektore in ander lande met soortgelyke probleme as Suid-Afrika, steek ons ver af,” het hy bygevoeg.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan het landbou geïdentifiseer as een van die sektore waar baie werkgeleenthede geskep kan word om Suid-Afrika se werkloosheidsprobleme op te los. “Om dit te kan bereik moet ANC-leiers, president Zuma ingesluit, ophou met populistiese uitsprake oor grond en die landbou ten einde sekerheid te bring. As hulle werklik ernstig is om die Suid-Afrikaanse ekonomie in die volgende ses maande van rommelstatus te red, kan dit nie besigheid en verkiesingspropaganda soos gewoonlik wees nie,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rynhardt ·

Dr.Mulder die Anc het lankal ekonomie vernietig met implementering van Vryheidsmanifes.Destyds het talle pilitici insluitende die Mulder-broers gesit by Kodesa waar daar geonderhandel is vir die implementering van Vryheidsmanifes wat u weiei om Anc aan te spreek oor in parlemwnt! U fokus so op die landbou vir werkskepping.Kom ek help u reg.Gaan lees vandag se Beeld.Ek haal aan:”Radikale transformasie nodig vir Onteieningswet!”Die Vryheidsmanifes word uitgeleef vir Landbou, dr.Mulder! Anc wil alle plase he, dit is nou hul land danksy “slim” politici!

Flippie ·

Pieter,

Dis die ANC wat die land vernietig, nie hulle uitsprake nie.

Kry vir ons die alternative. Ons wil onder die juk uit!As julle nie daar voor gaan baklei nie – kry julle nie my stem nie.

Bogger die die sideshows en gaan vir selfbeskikking!!!

Koos ·

En die mense kry net swaarder en misdaad neem toe maar kom by die stembus dan stem die volk vir hulle en dit is nog verstaanbaar maar die klomp wat vir die DA stem gaan my verstand te bowe

Rudi ·

Dis mos nou weer stem tyd, so nou is Pieter weer besig. Hy ry net so lekker saam op die soustrein – al is dit daar heel agter. Na Augustus hoor ons weer niks van die man nie.

John ·

Die VF+ (Wat op aarde is die nut van die Plus?) sit daagliks in die parlement en hulle dink die ANC en die EFF is besig met speletjies. Niks ernstig nie. Sommer verkiesingspraatjies vir stemme. Na 3 Augustus speel ons weer Nkandla-Nkandla tot die cowboys die crooks kom uitgooi en ons rustig kan luister na die opwindende nuwe planne van die regering.

Janneman ·

Dr Mulder, ek stem volkome saam met jou. veral die EFF se praaitjies oor alles net vat en gee is kommerwekkend.
As jy in gedagte hou dat die NP vir jare geskoolde en intellegente mense aan nie neus gelui het kan n mens verstaan dat die gepeupel verkiesing na verkiesing die ANC se bollies glo en hoop dat dinge verander. Nou dat die EFF nog beter beloftes maak gaan desperate mense daarvoor spring!
Daar is net een oplossing. Oposisie partey moet die sterk boodkap en alle landstale uitdrae dat daar eenvoudig nie so iets bestaan as n “free lunch” nie en dat dit n langsame proses is wat begin by onderig en harde werk – nie die SADTOU manier nie.

G J de C K ·

Jacob Zuma het, as president, ook al by paar geleenthede gepleit vir fundamentele veranderinge aan die grondwet en dié huidige grondwet bestempel as ‘n kompromie reflekterend van ‘n bepaalde oorgangstyd wat nie meer vir die meerderheid geldig is nie. Nou net ‘n “kunswerk” wat – indien waardevol genoeg geag – iewers in ‘n museum kan pryk.

‘n Beduidende meerderheid vanuit “alle kleure van die reënboog” is in snel-groeiende konsensus dat, nie net die verbrokkelende ANC nie, maar inderdaad die hele staatkundige bestel bekend as dié Nuwe Suid-Afrika se tyd uitgeloop het.

Of ons nou polities jou lojaliteite deel of nie, Pieter; ons kan nie met jou argument hierbo verskil nie: Dit sal nie meer besigheid en politiek wees soos gewoonlik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.