ʼn Vyf maande oue babadogtertjie wat gister glo in Modjajiskloof buite Tzaneen gesteel is, is vanoggend veilig terugbesorg aan die polisie.
Konst. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, het gesê die baba is omstreeks 06:00 vanoggend na die Mokwakwaila-polisiestasie gebring.
Volgens Manamela het die ma (52) van die 24-jarige wat glo die baba gesteel het haar na die stasie gebring.
“Sy het gesê sy was tuis toe haar dogter by die huis aankom met ʼn vreemde kind. Ná sy haar ondervra het, het die dogter erken sy het die baba by ʼn huis in Madumeleng gesteel,” het Manamela gesê.
Die jong vrou het glo Dinsdagaand by die ma van die kind se ouerhuis aangeklop en gevra vir slaapplek.
“Die ma het Woensdagoggend na die plaaslike supermark gegaan en toe sy terugkom by die huis was die kind weg.”
Darem so ń bietjie goei nuus ook tussen al die geweld en verdriet.
Goeie nuus ja dat die kind gevind is, maar wat ek tussen die lyne lees, maak my bekommerd oor die kind se toekoms ! Daar staan in die artikel dat die ‘baba dief’ die Dinsdagaand gaan vra het vir slaapplek by die baba se ma se huis. Maar duidelik het die ma die kind by die huis gelos, toe sy Woensdag winkels toe was ! Dit is nie duidelik hoe goed die 2 mekaar geken het nie, ek kry nie die idee dit was baie goed nie.