Onverwagte besoeker vir Centurion-inwoner

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Inwoner van Valhalla in Centurion moes Donderdag twee keer kyk toe hy vroegoggend ʼn swartwitpensbul doodluiters in sy buurman se oprit sien staan het.

Uys Classen het aan Maroela Media gesê hy was omstreeks 06:45 op pad om sy seun skool toe te neem, toe hy die bok in die oprit sien staan het. “By die oprit het twee lede van die weermag gestaan en basies die oprit afgesper om te verhoed dat die bok kan uitkom,” het hy vertel.

“Nadat ek my seun afgelaai het, is ek weer huis toe en toe sien ek die twee weermag-ouens staan nog steeds daar. Ek het hulle gevra waar die bok vandaan kom en hulle het gesê hulle weet nie, maar hulle reken hy het dalk uit die Voortrekkermonument se terrein ontsnap.”

Classen het gesê hy het die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gebel wat gehelp het om die regte persone te kontak. Omstreeks 10:15 het Classen weer ʼn rumoer buite sy huis gehoor en gesien dat ʼn groter groep mense intussen opgedaag het.

Volgens hom het iemand die bul gepyl en die bok het sowat 300 m uit die oprit in ʼn nabygeleë veld ingehardloop, waar hy neergesak het. “Ek neem aan hulle het hom daar opgelaai en teruggeneem vanwaar hy gekom het,” het hy gesê.

ʼn Woordvoerder van die Voortrekkermonument het intussen gesê hulle dra nie kennis van ʼn swartwitpens wat in Valhalla gevind is nie. Maroela Media verneem die bul het eintlik uit die Groenkloof-natuurreservaat ontsnap, maar wag steeds op kommentaar van die Tshwane-metroraad om dit te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Duitswes ·

Wat ‘n pragtige dier!
Verras & Verheug hy is nie boskos nie!!
Zwarkop Natuurreservaat langs Valhalla staan bakhand…hy is ‘n aanwins vir die omgewing waar hy tuis voel…

Gesiggie ·

Bok… Bok staan stil… nie elke dag wat so iets sal gebeur, ek self lanklaas swartwitpens gesien… Voortrekkermonument terein ontsnap? ja sou eerder saamstem vanaf n natuurreservaat… maybe verskrik deur iets…hoop die Bok kry sy tuiste…

John Josling ·

Ek het vanoggend 6am in die bok vas gery en n R101 000 skade aan my kar veroorsaak

jan ·

Hoe ry jy teen so bok vas? Moes hom ten minste doodgery het vir daai skade…..

maritz ·

Jis ek sou so R 130000.00 gemaak het met daai bul . Dalk nog meer

Popeye ·

‘n Swartpens het ook skade aan my kar veroorsaak, hy is afgeskryf!

Theresia ·

Ek sou vir niemand vertel het nie, en hom stilletjies agter erf toe PROBEER lok het. En hom vir myself as troeteldier aangehou het. GRAPPIE OUENS.
Wat ‘n pragtige bok

David Boshoff ·

Die SWPens bul kom wel vd Groenkloof Natuur Reservaat en is daar op ‘n leen program vanaf Pta Dieretuin. Tans is die bul in die boma op Groenkloof Reservaat. Enter die dieretuin moet nou besluit Wat hulle Mt hm moet doen.

Mike Amos ·

I am one of the Air force members that stood from 06h20 till it was darted it was from groenkloof as voortrekker monument does not keep sable on their property after the sable was darted and loaded was taken back to groenkloof and placed into a pen for further observation it was a good day to have made a difference in that sables life by the way they go for 260 thousand rands not too shabby.

christo kemp ·

hulle hardloop 50000+ en dan moet jy op party plekke ook betaal vir horinglengte by 1500 per duim bo 35 duim

Rita ·

ń Baie spesiale dank aan Valhalla se GPF lede wat ure van hulle tyd afgestaan het om die deel waar die Swartwitpens was af te sper vir verkeer om toe te sien dat die bok so rustig en veilig moontlik gehou kan word totdat die veearts opdaag om hom te dart ! Elsabé, Jessie, Des, Johnny en al die ander GPF lede wat betrokke was en dan ook aan die lede van publiek wat behulpsaam was, Julle “rock” manne en dames!!

Susan ·

Ai, dalk het die bok gevlug van al die aanvalle in reservaat soos ons in SA vlug teen al die inbrake ens.. “Poacher”s neem verskriklik toe in reservate. Ek sou so goed gevoel het met so mooi dier in my oprit.. Wat ‘n oomblik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.