Onverwerkte heroïen in Kaapstad gevind

Sakkies onverwerkte heroïen wat by N2 Gateway-behuisingsontwikkeling gevind is (Foto: Kaapstadse metropolisie)

Kaapstad se metropolisiebeamptes het beslag gelê op onverwerkte heroïen met ʼn straatwaarde van ongeveer R700 000.

Ruth Solomons, woordvoerder van die metropolisie in Kaapstad, het gesê beamptes het Woensdagaand reageer op inligting dat dwelms in ʼn huis by die N2 Gateway-behuisingsontwikkeling gehou word. “Hulle het drie mans by die huis aangetref wat besig was om die heroïen te verpak. Beamptes het beslag gelê op 16 pakkies onverwerkte heroïen met ʼn geraamde straatwaarde van R700 000 en net meer as R2 500 kontant.”

Drie persone, onderskeidelik 27, 36 en 39 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle word by Delft-polisiestasie aangehou tot hulle in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

… behuisingsontwikkeling… Hoe kry sulke mense verblyf in nuwe plekke? Is daar nie ‘n waglys nie? Omkoopgeld?

Ben ·

Wel gedaan aan Kaapstad se Metro polisie. ‘n Stap in die regte rigting.

Alida ·

Verbrand dit op die plek dadelik. Dis reeds in ander hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.