“Onwaarhede” oor Jannie Moolman versprei

Jannie Moolman Foto: Facebook

Jannie Moolman Foto: Facebook

Jannie Moolman se woordvoerder het Sondag reageer oor berigte wat in ‘n Sondagkoerant verskyn het dat die sanger glo op ‘n tafel gedans het toe hy beseer is.

“Heelwat teenstrydighede en onwaarhede doen tans die ronde,” het Barnard Beukman, direkteur van Glaskasteel Kommunikasie, in ‘n verklaring gesê. “Indien net die helfte van die senario’s waar is wat deur sommige mense beweer word, moes Jannie gelyktydig op meer as een plek gewees het. Of hy moes by een plek gelyktydig in verskillende vertrekke gewees het.”

Moolman is op 5 April tydens ʼn ramparty by ʼn restaurant in Hartbeespoort beseer en word steeds onder verdowing gehou in die Millpark-hospitaal in Johannesburg.

Beukman sê daar kan nie nou van sy familie en vriende verwag word om op elke bewering te reageer nie. “Hulle weet nie presies wat gebeur het nie, want hulle was nie teenwoordig nie,” het hy gesê.

Hy sê die bewerings en inligting word aan ʼn privaatspeurder gestuur wat eers daarop sal reageer sodra hy self met Moolman gepraat het. “Dit kan nog ʼn tyd duur,” het Beukman bygevoeg. “Jannie se regte sal ook beskerm word wat naamskending betref.”

Melissa-Jo Sharpe, Moolman se vriendin, het gesê sy en Jannie se familie fokus nou op die sanger se spoedige herstel. “Dit is ‘n groot skok vir ons dat hy so ernstig beseer is,” het Sharpe gesê. “Onder omstandighede gaan dit egter elke dag beter met hom. Ons sien uit na die oomblik wanneer hy uit sy geïnduseerde koma gaan kom sodat ons weer met hom kan gesels.”

Sy sê Moolman kan waarskynlik binne twee of drie dae uit die koma wakker gemaak word.

Sharpe sê Moolman se beserings is grootliks beperk tot beenfrakture in sy gesig, frakture aan sy linkerhand en ‘n sny op sy oogbank. Drie suksesvolle operasies is die afgelope week op hom uitgevoer.

“Die aard van sy beserings is só dat daar nie nou al finaal gesê kan word hy het deur ‘n venster geval nie,” het Sharpe bygevoeg. “Die moontlikheid dat iemand vir sy beserings verantwoordelik is, is dus ook ‘n sterk moontlikheid wat ondersoek word. Ek glo hy is aangerand. Wanneer meer inligting ingesamel is en Jannie ook die geleentheid gehad het om sy weergawe te gee, kan meer moontlik gesê word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Die man is in ‘n ernstige toestand, dan word hy beswadder en beskinder – DIT STINK ! Wat diegene wat nou die gerugte versprei teenwoordig ?

Ek bid jou toe ‘n spoedige herstel Jannie. Daar is baie mense wat omgee !

Babs ·

Is daar nog mense wat glo wat Yolanda Barnard skryf? Ek sien haar berigte as liegstories.

marcel ·

Ek wonder maar net waarom die mense wat saam met hom die aand was nie kan vertel wat gebeur het nie? Lyk vir my almal las maar nou so ‘n ou stertjie by. Sterkte vir jou Jannie

Elmarie ·

As jy vir Jannie persoonlik ken sal jy nie sulke kommentaar lewer nie. Jy sal verbaas weed oor sy siening van B….. soos jy dit tereg noem.

Elmarie ·

Die mense wat saam met hom was, was nie bewus van wat met hom gebeur het toe hy net doodnormaal badkamer toe gegaan het nie. Toe hulle later besef het hy het nooit teruggekeer van die badkamers nie het hulle vanselfsprekend aangeneem hy is terug huistoe. Anders sou hulle dadelik alarm gemaak het en begin soek het. En dit is ook die rede waarom hy meer as 3 ure nadat hy “verdwyn” het eers deur ‘n sekuriteitswag gevind is!! Almal was al huistoe, onwetend van die situasie waarin hy hom bevind het…. Maar nou word allerhande nonsens geskryf om sekere restauranteienaars te beskerm!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.