‘Onwaarskynlik’ dat SA vanjaar teiken vir kudde-immuniteit haal

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Dit is “onwaarskynlik” dat Suid-Afrika vanjaar nog sy teiken vir kudde-immuniteit gaan behaal en die land behoort sy verwagtings rondom die inentings aan te pas, het een van die land se voorste entstofkundiges vandeesweek gewaarsku.

ʼn Meer oordraagbare variant van die nuwe koronavirus wat laat verlede jaar in Suid-Afrika geïdentifiseer is, het die tweede vlaag infeksies aangevuur en die aanvang van die inentingsprogram verlede maand vertraag.

Navorsing het gewys die variant is meer bestand teen die meeste bestaande entstowwe.

Prof. Shabir Madhi, hoofnavorser van die Oxford/AstraZeneca-entstofproef in Suid-Afrika, sê die plaaslike variant en ʼn derde vlaag infeksies wat later vanjaar verwag word, gaan waarskynlik inentingsplanne pootjie.

“Ons moet ons begrip van wat ons werklik met Covid-19-entstowwe kan bereik, aanpas,” het Madhi in ʼn aanlyn paneelbespreking gesê.

“Die idee om kudde-immuniteit te bereik – minstens met die eerste geslag Covid-19-entstof – is uiters skraal.”

Die regering hoop om 67% van die bevolking – nagenoeg 40 miljoen mense – teen die einde van die jaar in te ent om kudde-immuniteit te bereik. Inentings het verlede maand met die Johnson & Johnson-entstof (J&J) in Suid-Afrika begin.

Die program is vlugtig vertraag nadat navorsing gewys het die AstraZeneca-entstof, die eerste dosisse wat in die land aangekom het, bied net beperkte beskerming teen matige en ligte voorvalle van die nuwe variant.

Beduidende hoeveelhede entstof word eers teen April en Mei verwag.

Infeksies gaan na verwagting in Junie, of selfs vroeër, weer begin toeneem as die beperking op groot sosiale byeenkomste tydens die Paasvakansie opgehef word.

Suid-Afrika het tot dusver 11 miljoen dosisse van die entstof verseker en nog 20 miljoen dosisse van ʼn entstof wat deur Pfizer ontwikkel is. Nog 12 miljoen dosisse word van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se Covax-program verwag, asook ʼn onbepaalde aantal dosisse van die Afrika-Unie.

Die pandemie het Suid-Afrika die swaarste van alle lande op die vasteland getref en teen Maandagaand is meer as 50 000 sterftes weens die virus reeds bevestig.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag gesê die aanvang van die entstofprogram het “uiters goed” begin en dat daaglikse infeksies tot so ʼn mate afgeneem het dat byna alle beperkings op mense se bewegings opgehef is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

Natuurlik sal ons die hoogste syfers hê. Want alle dood word aan die virus toegeskryf. Meeste wat getoets word, toets ook die eerste keer positief sodat hulle verplig word om weer te toets. So word toetse ook op gestoot.Dink hulle regtig ons is so dom om alles te glo wat hulle vir ons opdis? En dink hulle dat hulle almal gaan verpilg om gespuit te word? En dis een vlaag na die ander! Moet tog net met die res van die wêreld kan kompiteer! Wat van gewone verkoue in die verlede? Daar is ook meer moorde en voertuig ongelukke maar die land word nie keelaf gesny daarvoor nie! Vrees maak ook die mense dood, onthou. Jou gestel verswak en jy ontwikkel alerhande ander siektes. Laat ons normaal aangaan met ons lewens en vergeet van die virus. Hoe meer mense van ‘n ding praat hou banger word mense. As jy dit ignoreer gaan dit vanself verby. Dis tragies om by skole verby te ry en te sien kinders sit pouse op stoele ente uit mekaar. Geen gespeel en kinderlaggies nie. Dis tragies.

Francois Le Cochon ·

Anel, sjoe, ek sou dink na ‘n jaar verstaan almal die dinamiek van die virus.

Francois Le Cochon ·

Martiens, Wetenskaplikes en ander kundiges het dit alreeds genoegsaam en in eenvoudige verstaanbare terme verduidelik. Lyk my jy het dit gemis, eish!

Baardman ·

Hulle begin nou al paniek saai en voorbrand maak om ons weer in te perk . As hulle al die tyd en energie wat hulle spandeer om slinkse planne te maak gebruik om planne te maak om die entstof te versprei, sal ons dalk immuniteit bereik

Anoniem ·

Dis nie onwaarskynlik nie, dis totaal en al onmoontlik. Hoe gaan hulle 930 000 mense per week in die oorblywende 43 weke ingeënt kry? Eerstens sal daar nie genoeg entstof beskikbaar wees nie en tweedens beskik hulle nie oor die vermoë nie.

Martiens ·

Hierdie is die enigste plek waat ek nog Afrikaanse nuus lees, maar ook net-net! Meeste van die tyd is dit ook net soos Lamstroom Media.
Hoekom rapporteer jul nie dat die WGO sy eie definisie van ‘kudde immuniteit’ daadwerklik verander het nie. Dan kan jul lesers beter ingelig die artikel lees.
Hoekom rapporteer jul nie oor die vsls positiewes van die RT-PCR toetse nie?
Hoekom rapporteer jul nie dat die Sars-COV-2 nog nooit en nêrens in vitro geisoleer en geïdentifiseer was nie?
Hoekom rapporteer jul nie dat die vaksine nie teen die virus beskerm nie, maar net die simptomes verminder?

Fritz ·

Aangesien sommige bronne (bloedoortappingsdiens dink ek) beweer dat iets soos 60% al covid gehad het, behoort ons kudde immuniteit op die natuurlike wyse te bereik. So sit maar net rustig agteroor en ontspan.

Jacobus ·

Immuniteit was nooit die mikpunt nie. Die mikpunt is inperking, oop geldlaaie sodat kaders, insluitende ministers se familie kan skep. Dit is hoogverraad met hoofletter H. Sal dié ook gesensor word.

Gerrit ·

Die artikel is teenstrydig met Maroela se artikel van 16 Februarie wat genoem het dat “Amper helfte van SA’ners reeds Covid-19 opgedoen het”. Dit volgens die SA Nasionale bloeddiens. Volgens die artikel van 16 Februarie trek julle die syfers van Dept Gesondheid in twyfel. Met vandag se artikel word Dept Gesonheid se syfers gekwoteer sonder enige bevraagtekening daarvan. Julle klink bloot soos n spreekbuis van die regering. Maak dit asseblief duidelik of julle met die regering saam stem of nie. Julle kan nie op twee stoele gelyktydig sit nie. Niemand glo die regering nie, so wees versigtig aan wie se kant julle julleself skaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.