Onweerswolke pak saam vir Floyd Shivambu

Floyd Shivambu. Foto: ANA

Die EFF is besig om sy grofgeskut gereed te kry ter verdediging van sy onderleier, Floyd Shivambu, in die parlement se etiekkomitee.

Die party het Vrydag aangekondig dat sy leier, Julius Malema, voortaan op die etiekkomitee gaan dien. Dit is net betyds om Shivambu te verdedig in die eerste van twee uiteenlopende kwessies waaroor hy op die rooi tapyt moet verskyn, en is ’n aanduiding dat die EFF die erns van die situasie besef, en voluit gaan baklei aan Shivambu se kant.

Hoewel die afgelope tyd baie klem gelê is op Shivambu se beweerde trek van voordeel uit die ineenstorting van die VBS Bank (dis bevindings in ’n verslag van die Reserwebank wat hy ten sterkste ontken), gaan dit nog ’n rukkie duur voordat die VBS-kwessie voor die etiekkomitee land.

Wat vir Shivambu voor die deur lê, is ’n verhoor voor die etiekkomitee volgende Woensdag na aanleiding van Shivambu se aanranding van ’n joernalis, Adrian de Kock, op die parlementêre terrein ‘n paar maande gelede.

Daar is nie veel twyfel oor wat gebeur het nie, want beeldmateriaal van die insident bestaan en daar was baie ooggetuies. Basies het Shivambu uit ’n motor geklim, De Kock het foto’s van hom begin neem en Shivambu het vir De Kock aangerand.

Benewens klagtes by die polisie het die Persgaleryvereniging, wat alle geakkrediteerde parlementêre joernaliste verteenwoordig, ’n klag by die parlement se etiekkomitee ingedien oor Shivambu se gedrag op die parlementêre terrein.

Shivambu en die EFF het sedertdien om verskoning gevra vir sy gedrag teenoor De Kock, wat beteken die enigste uitstaande kwessie is die mate waartoe die etiekkomitee hom moet straf.

Die verrigtinge van die etiekkomitee is gewoonlik geslote, maar sowel De Kock as die Persgaleryvereniging het reeds gevra dat hierdie sessie vir die publiek oopgestel word in die openbare belang – ’n stap wat die EFF waarskynlik met mag en mening sal teenstaan wanneer dit op 14 November aan die bod kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ore ·

Natuurlik gan die “etiekkomitee” hom onskuldig bevind of net ‘n waarskuwing gee.Vraag is……..wat gaan De Kock doen? Maar terugstaan en vergewe? Dis mos in ons aard

SjN ·

Die oorpak pas hom, die kleur moet net verander na die tronk oranje na aanleiding van die VBS skandaal.

Irene ·

Klomp groot bekke as hul meer as een persoon om 1 persoon staan dan ksn jy niks doen nie

Johnnie ·

Al ooit besef waarvoor staan EFF—EVERYTHING– FOR– FREE. Dis hoekom hulle dink hulle kan alles vat, want alles is mos for free, banke se geld, boere se grond, die myne, en alles wat hul oe sien.

Heinrich ·

Ja ek kan ook nie juis die twee in dieselfde sin sien nie!

1+1 ·

Geen ondervraging of ondersoek kan meer sonder
‘n leuenverklikker aangepak word nie. Die kultuur van leuens vertel wat nou in ons land heers is skandalig en word deur die vader van die leuen gebruik om sy vernietiging werk voort te sit.

Jordaan ·

Die sogenaamde etiekkomitee het nou nie juis ‘n luisterryke geskiedenis van sake wat aangepak en gepaste sanksies voor uitgedeel is nie. Ek dink Floyd hoef nog nie slapelose nagte te he nie.

Julia ·

Kyk, as Malema Nou die tipe deursnee persoon is wat op die etiekraad dien, dan is daar geen hoop meer nie. Die man het nie n benul wat etiek, morele waardes, eerlikheid, ens, is Nie.

jaco ·

iewers moet tog bankrekeninge wees wat wys die geld is definitief in Shivambu se bankrekening inbetaal. Haal dit net uit as bewyse, dan is die saak mos opgelos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.