‘Onwettige’ aborsies: Verpleegster weer in hegtenis geneem

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Lulama Cabela, die verpleegster wat daarvan beskuldig word dat sy onwettige aborsies uitgevoer en die fetusse in ʼn vrieskas versteek het, is weer in hegtenis geneem.

Lulama is op 4 Maart op borgtog van R5 000 vrygelaat, maar is weer in hegtenis geneem omdat sy glo haar borgtogvoorwaardes verbreek het. Sy het Maandag vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn waar die saak tot Dinsdag uitgestel is. Dit is nie duidelik watter borgtogvoorwaardes Lulama verbreek het wat tot haar herarrestasie gelei het nie.

Lulama en Babalwa Cabela, haar ontvangsdame, staan tereg op 25 aanklagte van die verberging van geboortes. Die vroue is in hegtenis geneem ná ʼn uitgebreide ondersoek oor onwettige aborsies in Nelson Mandelabaai.

Die polisie het tydens ʼn klopjag van die fetusse in ʼn vrieskas gevind waar dit versteek was. Volgens ʼn bron na aan die ondersoek was baie van die fetusse reeds ten volle ontwikkel.

Die saak word op 12 Mei weer hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Hartsverskeured om as ‘n pappa van niks as anders as ‘n wonderwerk dogterkie, te moet lees hoe blatante miskenning van die konsep van lewe op n “versagtende” , “korrekte” woordspel basis weergegee word! Ten volle ontwikkelde fetus…verberging van geboortes…? Wat van babas en dood? En waar is die “mammas” van die “fetusse” wie se geboortes”verberg” is? Of het boosheid ‘n nuwe skans, verskoning gekry om waarskeinlik geskiedkundig binne “regte” afgewater te word? Ek kan net bid dat die waarheid sal seevier…en DÍE WAARHEID vryspraak en vergifnis sal bring namens die “verborgenes”….

Hannes marais ·

Volksmoord word regoor die wereld gepleeg deur vrouens.wat fetusse aborteer”aborsie”….en weet julle under watse skuilnaam doen vrouens dit..”vroueregte”..

Bosbok ·

En dan is baie van hierdie vrouens of jong tieners ( hulle mag gaan vir aborsies sonder dat hulle ouers daarvan weet – bo die ouderdom van 16) einste dies wat kommentaar sal lewer op artikels soos die Tokai moord , dat die doodstraf weer ingebring moet word……… sodat hulle self ook aan die galg kan hang?? Ek self is n Ma en dit gaan my verstand te bowe dat enige iemand kan gaan vir n aborsie en dink dit is nie moord nie. Mag mense wat daardie besluit neem se gewete hulle ry tot die einde van dae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.