Onwettige aborsies: Vroue vra borgtog

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Die twee vroue wat daarvan aangekla word dat hulle 25 onwettige aborsies uitgevoer en die fetusse weggegooi het, sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth landdroshof om borgtog aansoek doen.

Lulama Cabela, ʼn geregistreerde verpleegster, en Babalwa Cabela, haar ontvangsdame, staan tereg op 25 aanklagte rakende die verberging van geboortes. Die vroue is in Februarie in hegtenis geneem ná ʼn uitgebreide ondersoek oor onwettige aborsies in Nelson Mandelabaai.

Die polisie het tydens ʼn klopjag van die fetusse in ʼn vrieskas gevind. ʼn Bron na aan die ondersoek het vroeër gesê dat die fetusse ten volle ontwikkel was.

Volgens die polisie het die ondersoek gespruit uit klagtes van ʼn hospitaal wat pasiënte moes behandel nadat hulle komplikasies weens onwettige aborsies ervaar het.

Die klagstaat dui aan dat Lulama as verpleegster aangestel was by ʼn plek wat voor- en nageboortebehandeling aan ma en kind verskaf. Sy het glo dié instelling en haar huis gebruik om die onwettige aborsies uit te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.