‘Onwettige’ braaihoenders na Zimbabwe uitgevoer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Groot hoeveelheid van die hoendervleis, ter waarde van R128 miljoen, wat Zimbabwe verlede jaar van Suid-Afrika ingevoer het, is waarskynlik voorraad wat verval het.

Statistieke wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uitgereik is, maar nie in Harare berig is nie, het aangetoon dat dié uitvoer tussen Januarie en September 2015 “grotendeels onwettig” was.

Solomon Zawe, woordvoerder van die Zimbabwiese pluimvee-vereniging (ZPA), het aan The Source, ʼn nuusbron in Harare, gesê volgens SAID se data word daar gemiddeld 196 ton hoender maandeliks deur Zimbabwe ingevoer. “Dit verteenwoordig dus 8% van ons voormalige braaihoendermark en het ʼn reuse-invloed op ons bedryf.”

Zawe het bygevoeg plaaslike produsente word ook nadelig geraak deur goedkoop invoerprodukte van Brasilië.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eliza-beth ·

Dis eintlik net ‘n uitruilskema – hul burgers kom onwettig die land binne en ons stuur hoenders onwettig terug ; )

DPJ ·

Voedsel moet van goeie gehalte wees ongeag wie dit invoer of uitvoer punt.

Realis ·

As jy niks het om te eet nie sal jy ook nie na die”sell by date” kyk nie.

alida ·

As die skelms die hoenders kom steel wonder ek of hulle na ‘n vervaldatum kyk !!! As ons dit nie uitvoer nie dan kom steel hulle dit doodeenvoudig.

P J ·

Dit was seker gratis. Dan voer jy dit mos maar in. Honger mense se maag vra nie datums nie.

Jonathan ·

Dit gaan oor die verval dutum nie die mens wat dit ontvang nie Jy kan ook n ontvanger wees in S A

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.