‘Onwettige e-tolrekeninge’ word ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Die klag wat die VF Plus in November verlede jaar by die Verbruikerskommissie ingedien het oor Sanral se toerusting en wat daarop neerkom dat alle e-tolrekeninge onwettig is, word ondersoek en die kommissie is tans in gesprek met Sanral oor die aangeleentheid.

“Die klag is daarop gegrond dat Sanral se toerusting wat by die Gautengse e-tolstelsel gebruik word, nie aan die wetlike vereistes en voorskrifte nie voldoen nie, en alle gelde wat tot nou toe ingevorder is of ingevorder gaan word, is of word daarom op ʼn onwettige wyse gedoen,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê. “Alle toerusting wat vir die besondere doel aangewend word, moet voldoen aan die vereistes van die Wetlike Metrologiewet (Wet 9 van 2014) voordat geld van motoriste ingevorder mag word.”

Volgens Alberts het die Verbruikerskommissie aan hom bevestig dat die saak ondersoek word en die kommissie wag nou op die reaksie van Sanral oor die klag.

“Die proses is aan die gang. Ons mening is dat die saak baie sterk is in terme van die wet se duidelike voorskrifte oor die sertifisering van tolinstrumente. Dit is ʼn misdryf indien dit nie gedoen word nie en ook indien advertensies uitgereik word in dié verband,” het hy bygevoeg. “Daar was berigte in die media dat die saak vir mediasie verwys is, maar die Verbruikerskommissie het dit ontken en bevestig dat die saak inderdaad ondersoek word.”

Die VF Plus gaan intussen ook die aangeleentheid opneem met die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) om te verhinder dat enige verdere advertensies oor e-tol in enige vorm geplaas word.

Die party het in November gesê alle gelde wat tot nou toe ingevorder is of ingevorder gaan word, is of word op ʼn onwettige wyse gedoen. Alberts het in daardie stadium gesê hy het op navraag by die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS) bevestiging gekry dat die e-tol-toerusting nooit gesertifiseer is soos die wet vereis nie. Die NRVS het ook bevestig dat daar nooit aansoek gedoen is om sertifisering nie.

“Dit is van die grootste belang dat hierdie saak, wat tienduisende padgebruikers en die land se totale ekonomie direk raak, so gou moontlik opgeklaar word en dat dringende regstellende stappe gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

humor ·

Waaaaar sal ons tog vandag in die land iets kry wat binne orde verloop????

Johann Marx ·

Suid Afrika….die land van verskillende standaarde. Volgens die krediet wet moet ek enige kliënt aan wie ek krediet wil toestaan, eers ondervra om te probeer bepaal of sodanige kliënt die krediet wat ek wil toestaan kan terug betaal………..want as hy nie kan nie, en ek het dit nie vasgestel nie, hoef hy my nie te betaal nie. En SANRAL? Moes hulle nie elke padgebruiker onderwerp het aan ‘n “kredietwaardigheids-ondersoek” voordat hulle vir jou “krediet” toestaan as jy hulle pad gebruik……..en vir jou ‘n rekening stuur nie? Hoe het SANRAL bepaal of ek die “krediet” wat hulle toestaan kan bekostig? Is almal nie gelyk voor die wet nie? As ek dit moet doen, hoekom is SANRAL kwytgeskeld hiervan?

Jacky ·

Nie noodwendig nie. Onthou in die nca se dat n maatskapy met n “turnover ” van meer as die voorgestelde bedrag wat ek dink is 1 miljoen per jaar, exempt is vd nca. So m.a.w daai reels tel nie vir sulke groot companies nie, ongelukig. :-( dis hoekom hulle weg kom met dit

Han ·

In plaas daarvan dat die ANC erken dat hulle van alles in hierdie land ‘n kolossale gemors gemaak het, hamer hulle op rassisme!

johan ·

Ek stem saam ons almal maak foute maar erken jy het n fout begaan as wat jy heeltyd met rug teen die muur rassisme en apparttyd die skuld gee. Vat die hou op die ken en beweeg aan.

Bertie ·

Ek was op die sogenaamde “pay as you go” etoll stelsel, maar het gou agter gekom dat ek by van die toll hekke dubbel aangeslaan word. Toe ek die navraag doen en verduidelik dat die stelsel my verneuk, was die reaksie, “ja ons sien so, maar jy moet bewys dat jy dubbel betaal het”. Ek het eenvoudig die stelsel terug gegee aan SANRAL en my kontral beeindig. SANRAL soos baie ander regeerings instellings is self verantwoordelik vir hulle finansieele agterstand en verliese. Personeel by die instellings het so n regiete uitkyk dat dienslewering net eenvoudig nie saak maak nie. Betaal jy nie…dan is dit nou maar so!

Sarel Swaarkry ·

Het presies dieselfde ervaar by SARS. Verskeie kere aangeslaan, eerste rondte R12000 inbetaal voor regstappe geneem word. Nou weer R18000. Boekhouer gaan syfers na en bevind ek moes oorspronklik R800 teruggekry het. Hulle stel net eenvoudig nie belang daarin om te help nie. Hulle het hulle geld. Affidavit word nie aanvaar nie, maar is vinnig om jou te dreig.

Berhalet Beukes ·

Ek weier om e-tol te betaal. Ek het ‘n rekening ontvang wat my 5 minute uitmekaar in 2 totaal verskillende rigtings plaas. Dis op daardie spesifieke pad, fisies onmoontlik! Verder, is die die tye tussen e-tol punte fisies onmoontlik tensy ek ‘n spel van meer as 400 km/uur handhaaf. So jammer, ek sal NIE betaal nie!

Berhalet Beukes ·

Korreksie… ‘n Spoed van meer as 400 km/uur handhaaf.

alida ·

Mens wonder hoekom is daar nie dispute met die Gautrain nie. Die rede : dit was jare voor die trein op die spore was nagevors en die betalingsmetode duidelik uiteengesit. Die e-tol bravade wou eet voor hulle gebid het en sit nou met ‘n tammeletjie !!! Lekker man

Sarie ·

Nee dit is nagevors nie omdat hulle ons van die eerste oomblik af belieg het. Toe daar begin is met die opgradering van die spesifieke paaie is daar aan die land gese dit word gedoen met die oog op die 2010 Krieket Wereldbeker. Hulle maak toe nie die miljarde wat die skelm Sepp Blatter die land belowe het hulle gaan maak nie en toe kom die e-tolstelsel skielik op die kaarte , toe voeter hulle maar eenvoudig voort en eers toe die volk in opstand kom toe word daar skielik openbare verhore gehoor, maar toe is alles al gebou en miljarde rande vermors. So Sanral moet nou maar die pyne dra

Van ·

Haha, so mond moet Jam kry, dis ‘n baie goeie gesegde wat jy daar gebruik van eet voor hulle bid… ek nou lekker gelag….en dis so waar.

GES ·

Sanral se fondse is uitgeput. Ek kan nie sien hoe hulle daarin gaan slaag om hulle e-tol stelsel gewettig te kry. Alida ek hou nogal van die opmerking dat hulle ge-eet het voordat daar gebid is.

alida ·

GES dit is die waarheid. Hulle het geskep en alles opge-eet en gedink die publiek gaan uit “vrees” vir vevolging net sommer betaal. Big mistake !!! Jy sal nie op die Gautrain klim sonder ‘n kaartjie nie – dit verseker ek jou want mense met verstand het dit ge-implimenteer en behoorlik nagevors. Die lekkerste van die trein is dat hulle nie Nando’s of enigiets mag eet op die trein nie en daarom is dit steeds ‘n plesier om daarmee te ry.

Max Berg ·

Die miljoene rand wat SANRAL reeds tot die voordeel van die ANC vermors het kom uit die belasting betaler se sak !

neelsie ·

Dankie aan VF+, hulle dra die mense se belange op die hart , probeer nie die volk met n slenter bedrieg nie.
“Sanral , julle moet eers dink , dan doen”!

Piet Pompies ·

E-tol moet val….. ek sing partykeer vir my kleinkind die Superman Spiderman liedjie en lag in my gedagte dat E-tol dink ek is ‘n Superman / Spiderman. Ons bly in Nelspruit en het binne 8 minute op die N12, N3 en N1 gery, voorwaardelik ‘n prestasie wat aangteken moet word. E-tol moet val..

Om gekrap ·

Dis hoekom ek lid is van die VF+ weet wat hulle doen en staan agter hulle dankie

Gert ·

Ek het i motor verkoop en die NCO laat doen. Die koper het tot vandag nogsteeds nie die motor op sy naam gesit nie. Hy ry elke dag Pta Jhb en het i rekening van R13 000 opgebou. My beedigde verklarings wat ek ingedien het by SANRAL saam bewyse van verkoop en die NCO is eenvoudig verwerp en nou is die bedrag gekoppel aan my huidige motor se registrasie. Wanneer besef sekere manse wat so langs die e-toll hekke bly dat daar baie waardevolle koperdraad binne die oorhoofse stelasies gebruik word?

Pieter.v ·

So gaan dit by die munisipaliteite ook ,al wat hulle se is mnr of mev ons sien die fout le by ons maar dit maak nou nie saak nie betaal en ons sal daarop ingaan en die fout herstel en u dan vergoed maar dit word nooit gedoen nie en moet nie dink jy kan hulle oortuig nie hulle sien n saak op n sekere manier en daar haak hulle vas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.