Onwettige EFF-plakkers moet ontruim

Argieffoto

Argieffoto

Ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) wat onwettig op die plaas Bultfontein, noord van Pretoria plak, moet teen Maandagmiddag die grond ontruim.

Dit volg nadat AfriForum se regsverteenwoordiger, Tertius Kruger, deur die Noord-Gautengse hooggeregshof toegelaat is om as balju op te tree en ʼn dringende hofbevel teen die plakkers te beteken wat hulle dwing om die grond te verlaat.

Volgens AfriForum se veiligheidskoördineerder, Tarien Cooks, is die hofbevel om die onwettige strukture en plakkers te verwyder reeds Donderdag toegestaan, maar die Wonderboom Balju het geweier om dit te beteken. “AfriForum het derhalwe gisteroggend ʼn dringende hofbevel bekom wat ons regsverteenwoordiger as balju aangewys het om te verseker dat die hofbevel uitgevoer word,” het Cooks gesê.

Tydens die betekening van die hofbevel het van die EFF-lede glo gesê hulle sal die grond ontruim nie, en dat hul leier, Julius Malema, AfriForum in die hof sal sien.

“Ons skep deur middel van ons takstrukture regoor Suid-Afrika aan gemeenskappe die vermoë om hul regte op te eis, en met dié stap staan ons op vir die beskerming van eiendomsregte,” het Cooks gesê.

 Die saak word weer op 22 Januarie 2015 aangehoor wanneer die hof sal bepaal of die bevel permanent gemaak moet word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fourie ·

Net soos die goed is maak en breek net soos hulle wil en sypel orals in en vat net oor – dan moet hulle maar met geweld verwyder word!!!!! Dis in elk geval al taal wat hulle verstaan!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.