Onwettige goudprosessering in Pelgrimsrus ontdek

Foto verskaf deur die Valke

Thabang Ntsibane (34) van Lesotho het Vrydag in die Graskop-landdroshof verskyn in verband met onwettige mynboubedrywighede.

Kapt. Dineo  Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Ntsibane is Donderdag deur Nelspruit se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, die nasionale ingrypingseenheid en misdaadintelligensie in hegtenis geneem.

“Die operasie is in Pelgrimsrus uitgevoer met ʼn fokus op onwettige mynboubedrywighede. Ntsibane het ʼn onwettige goudprosesseringslaboratorium bedryf. Die span het beslag gelê op die goudhoudende materiaal en kontant wat in die verdagte se besit gevind is.”

Hy staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Edelmetale en Immigrasiewet.

Die saak is tot 15 September uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog en om die status van die verdagte in die land te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pablo ·

Hou lank is die “onwettige burger/ emigrant” al in die land en bedryf hy die “onwettige ” mynbou en hoe lank het dit die polisie en “valke” sonder vlerke geneem om dit te “ontdek”? Wat n sirkus.

Cherokee ·

Somtyds Pablo, bestempel werklike besighede, opposisie as ‘ ‘n sirkus’. Bewys nou met meer as wat jy gesê het, dat jòu kommentaar, nie ‘n blote sirkus is nie.

Cherokee ·

Ek is nogal beïndruk met die entrepreneuring! Kyk die fabriek.. die smelthuis! En moetie dink ek grap nie, ek is ernstig..! Hy het nie mense aangeval en beroof nie. Hy het skatte uit die grond vergader, met ‘n ordentlik opgestelde plan.

My broers en ek is beroof deur die regering mbt minneraleregte in die rykste goud-area ter wêreld, toe die anc-regering besluit het, mineraleregte is nie meer verèrfbaar nie. Toe word dit gekonfiskeer vanuit ‘n boedel.

Nou sal julle verstaan waarom ek glimlag hieroor, en dit bestempel as entrepreneuring. :-)
Wie is die anc om te sê alle edel metale onder die grond is staatseiendom, al ìs dit op persoonlike grond!

christo ·

Wel, ja. Ek dink daar is nog heelwat uitgewerkte myne se gouddraende grond in die Pelgrimsrus omgewing. Dis duidelik dat die man nogal inisiatief het en ‘n entrepreneur is. Luiheid is definitief nie op die klagstaat nie. Die zama-zama’s dien dieselfde in die ou goudmyne aan die Witwatersrand.

Martie Smartie ·

Jy moet net onthou, die ANC is deur die Westerse skool. Minerale regte, waterlisensies, drank stook lisensies en lisensies vir als en nog wat, is Westerse maaksels. Angesien dit geld en mag beteken, is dit outokratiese beginsels wat pas so reg in die kraal vd ANC. So, kom ons bedank die Weste & ons voorsate vir baie vd gemors.

Cherokee ·

Jy is grootliks reg met wat jy sê, want die anc kopiëer die Weste se wette en riglyne sonder enige oorspronklikheid , maar ten minste het die vorige regering erkenning gegee aan eiendomsreg mbt tot mineraleregte, terwyl die anc dit vir hulself toe eien.

Carel ·

Reg teenaan die Putfontein afrit van die N12 staan daar al meer as n jaar openlik twee goud was kaste wat voltyds deur n paar makkers bedryf word. Duisende mense ry elke dag daar verby en aanskou dit. Die Valke kan dit nie raaksien nie hulle kan net die klein weggesteekte plekkies op Pelgrimsrus sien.

SjN ·

Waar is hul prospekteer permitte, lisensie, rehabilitasie voorleggings en bankwaarborge wat wetklik vereis word, dit geld mos vir almal. tree op.

JohanR ·

Dankie tog ek kon nog in 1993 ‘n dag by die OU Pelgrims spandeer. Wil nie eers dink hoe hy vandag lyk nie!

Prikkie ·

Jy het geen idee nie – moenie jou tyd en brandstof mors nie. Aaklig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.