Onwettige immigrant wéér vas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige onwettige Zimbabwiese immigrant en sy 23-jarige vrou is Vrydag by ʼn vulstasie in Kroondal in hegtenis geneem nadat die man uit polisie-aanhouding ontsnap het. Hy was glo in aanhouding om gedeporteer te word saam met ander onwettige immigrante – 14 ander Zimbabwiërs en een Mosambieker.

Volgens brig. Thulani Ngubane van die Noordwes-polisie het die 16 immigrante tussen Dinsdagaand en Woensdagoggend uit die Rustenburg-polisiestasie se selle ontsnap deur ʼn gat in die dak te sny. Dit is onbekend wat hulle gebruik het om die gat te sny.

Die man en vrou staar aanklagte van dwarsboming van die gereg asook die huisvesting van ʼn voortvlugtige in die gesig. Hulle sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

“ʼn Interne ondersoek is van stapel gestuur en ernstige stappe sal gedoen word indien daar bevind word dat die polisiebeamptes wat aan diens was toe die immigrante ontsnap het, nalatig was,” sê Ngubane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Wat van al die ander miljoene wat net eenvoudig oor die grense stroom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.