‘Onwettige immigrante’ by KZN-fabriek vasgetrek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Altesaam 35 vermeende onwettige immigrante is Woensdag in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes en immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake op ʼn fabriek in Chatsworth in Durban toegeslaan het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het inligting ontvang dat die skoenfabriek talle onwettige immigrante in diens het. Nadat die nodige ondersoekwerk gedoen is, het die polisie die immigrasiebeamptes betrek en ʼn verrassingsbesoek aan die fabriek gebring.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

“Die fabriek is ʼn drieverdiepinggebou wat meer as 300 werknemers in diens het, so die beamptes het ʼn groot taak gehad. Hulle het met hul inspeksie begin en gevind dat 35 werkers nie enige werkspermitte gehad het nie en ook onwettig in die land was,” het Gwala gesê.

Sy het gesê die meeste van die beweerde onwettige immigrante wat in hegtenis geneem is, is burgers van Lesotho en Malawi.

“Die beamptes het ook vasgestel dat die eienaar van die fabriek bewus was dat hierdie mense wat hy aangestel het onwettig in die land is. Die eienaar is in hegtenis geneem en sal daarvan aangekla word dat hy onwettige immigrante in diens geneem het.”

Gwala het gesê die 36 verdagtes sal almal vandag in die Chatsworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johanna Botha ·

Nie net daar nie …DIE HELE LAND IS VOL VAN DIE ONWETTIGE MENSE ….die grens is n sif wat lek !

John ·

Watter doel het grense nog behalwe om ‘n paar poste se skep vir ‘skeppers’. Die VN is ten gunste van die ‘globe-trotters’ wat hulle orals inwurm, van skatte-grawers, diere-stropers tot toi-toiende studente met vervalste ID’s en matrieksertifikate wat skree vir gratis onderwys ens. En wat erger is, regoor die wereld verkondig die pers en ‘denkers’, met die CNN as hul ultra-super-kuber-president, dat hierdie globale versmelting en verfrissende chaos, ons utopiese toekoms inlui. Die ‘leuen’ hetsy Big Brother, al swewende oor alle grense heen soos ‘n super-hommeltuig, verken, beheer en besweer alle slegte denke en obominale wetteloosheid onder die’ een ultra-gruwelooslike opperheerser voor sy kragtige rekenaarskerm met sy onbelemmerde uitsig en mag oor mense en lande en hul lewensverloop. Die wrede Nazi’s vertoon hierteenoor soos ‘n trietsige Kaapse buurtbende.

James ·

Sien dis hoekom ‘n muur die ding sal doen. So moeg vir kriminele dade in SA wat gepleeg of aangehits word deur ONWETTIGE IMMIGRANTE, waarvoor ons belastinggeld aangewend moet word om vir hulle mediese dienste en behuising te verskaf .. hulle bly tussen die locals en hulle kry ook gratis behandeling by klinieke. DEPORTEER ONWETTIGE IMMIGRANTE, hou op om met hulle te onderhandel. Die xenofobiese aanvalle gaan net meer word omdat hulle die lokale werkers se behuising/werk afneem.

Anoniem ·

Dis sulke goed wat gebeur dat Trumph optree en wet verander. Trumph jy is n ster!!!!!!Wens dit wil gebeur in Sui Afrika….!!!!!

Anoniem ·

Dis sulke goed wat gebeur dat Trumph optree en wet verander. Trumph jy is n ster!!!!!!Wens dit wil gebeur in Suid Afrika….!!!!!

Henk ·

Die SAP gaan taamlik besig wees, vir baie jare, as hulle al die onwettige immigrante in SA moet aankeer……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.