‘Onwettige’ immigrante in Jhb vasgetrek

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Elf mense is tydens ʼn misdaadvoorkomingsoperasie in twee gekaapte geboue, Vannin Court in Hillbrow en Killibility Court in Berea, in hegtenis geneem.

Die Stad Johannesburg het Vrydag in ʼn verklaring gesê vyf van dié wat in hegtenis geneem is, is immigrante sonder die nodige dokumentasie. Hulle word tans by die Hillbrow-polisiestasie aangehou.

Immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake sal nou dié immigrante verder hanteer om hulle status te bepaal.

Ses verdagtes wat gesoek was vir verskeie misdade is ook tydens dié operasie vasgetrek.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het gesê gekaapte geboue is ʼn reuse-uitdaging wat die stad in die gesig staar.

Hy het gesê dit is noodsaaklik om wet en orde te herstel en die stad terug te neem van kriminele elemente soos byvoorbeeld verhuurders wat desperate mense uitbuit en hulle in betreurenswaardige toestande laat bly.

“Ek is egter tevrede met die vordering wat ons maak om hierdie uitdaging te takel. In die afgelope drie weke het ons drie eiendomkapers vasgetrek. ʼn Man en sy vrou is vroeër vandeesmaand vasgetrek omdat hulle ʼn gebou in Kenilworth gekaap het. Hulle het gister in die Johannesburg-landdroshof verskyn en hul aansoek om borgtog is geweier,” het Mashaba gesê.

Mashaba het bygevoeg die stad het ʼn oudit gedoen op 500 verwaarloosde geboue en vasgestel 134 daarvan word onwettig beset. Hy het gesê 24 van dié geboue behoort aan die stadsraad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Puik SAPS ·

10 uit 10 vir die SAPS
Daar is oor die 5 Miljoen immigrante maar hulle kan net 5 vang.
Mooi man.

Henk ·

Waarom arresteer julle die mense maar julle wil vir Mugabe in SA huisves?

Leahim ·

Mooi so burger meester misdaad voorkoming operasies moet elke dag gehou word dit is wat misdaad bekamp en voorkom voor dit gebeur miskien moet jy aangestel word as hoof van polisie maar dan val die metro weer plat.??

Spikkel ·

Baie dankie. Hy moet iewers begin. Mashaba vir president.

Andre ·

Binnelandse Sake is reeds die mense wat die omkoopgeld vra vir ID’s en permitte. Hierdie mense het seker nie geld gehad vir die omkoop van die amptenare van Binnelandse Sake. Die burgermeester sal moet ‘n ander plan maak met die “ere” burgers.

Louwrens ·

Ek dink Die burgermeester Herman Mashaba verdien n pluimpie vir hierdie inisiatief.

Goeie werk Polisie ·

Goeie werk Mashaba, Polisie en almal betrokke, just go al is daar nog heoveel, kry net almal uit!!!!

piet ·

Hul nou opsoek na almal wat onwettig in die land is sodat hulle kan id kaartjies kry want hul moet een van die dae vir die anc stem.

Chris ·

Vir my is die antwoord voor die hand liggend – sloop die geboue!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.