Onwettige immigrante ontsnap uit bewegende wa

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op die spoor van sewe onwettige immigrante wat in die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal uit ʼn vervoerwa van die departement van binnelandse sake ontsnap het.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag gesê die wa met immigrante, wat in die proses is om gedeporteer te word, was onderweg na Pietermaritzburg toe hulle ontsnap het, vermoedelik deur die slot van die wa oop te breek.

“Die bestuurder, ʼn beampte van die departement, het opgemerk dat twee van die immigrante uit die bewegende wa spring. Hy het begin versnel om te verhoed dat meer mense uit die wa spring, maar moes spoed verminder toe hy ʼn tolhek nader. Die res van die immigrante het toe uitgespring en weggehardloop,” het Mbhele gesê.

Mbhele het gesê die polisie is ontbied en een van die immigrante is reeds aangekeer en in hegtenis geneem.

Sy het gesê dit is nie dadelik duidelik of die immigrante kriminele is of ʼn gevaar vir die samelewing inhou nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alida ·

Mens word nie eers meer kwaad nie! Kan net lag vir hierdie sirkus van n land en die narre wat dit regeer.

Kobus ·

Stem saam….elke dag n nuwe kinkel in die NUWE SUID AFRIKA se daaglikse sepie…..

JC ·

Maroela, “immigrante” regtig?
Wat van ONWETTIGE IMMIGRANTE! Die opskrif is korrek, maar julle praat deurgaans van bloot “immigrante” in die artikel. Hulle is geensins “immigrante” in die werklike sin van die woord nie MAAR MISDADIGERS!

Frederik ·

Jy kan dankbaar wees Maroela Media noem hul nie toeriste nie.

Nico ·

Deels waarom die grootste deel van die beskaafde wêreld deesdae visums van ons vereis…

Annie ·

Suid Afrika het die comic vir die res van die wereld geword

Cherokee ·

Maroela, jul woordgebruik is (mi) verkeerd. Verander asseblief die titel van die berig na ‘onwettige insypelaars’ want dìt is wat hulle is.

vermeende ·

Help my asb.

wanneer is iemand n onwettige immegrant en wanneer is iemand n ongedokumenteerde immegrant?

Cherokee ·

Nooit enigeen van die twee nie. Daar is nie so iets soos ‘n immegrant nie.

Skepties ·

Foeitog ja, en wat van die ander 9 miljoen onwettiges op ons landsbodem?

Lance ·

Land jy nou uit die EU op OT tambo dan moet jy duisende dokumente he vir elke kind wat byna die oupagrootjie moes teken ….maar kom jy oor die grens van zim stap jy oor die grens deur die genyde heinings asof dit niks is sonder ENIGE dokumente …wat n groot grap ! !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.