Onwettige immigrante tydens soektog gevind

hof-hamer

Argieffoto

Twee vragmotorbestuurders sal Dinsdag in die Marble Hall-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van mensesmokkel nadat 59 Malawiese immigrante agter in hul vragmotors gevind is.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê Idrisa Yusuf Mussa (39) en Danison Prahima (39) is Donderdag op ʼn pad net buite Marble Hall in hegtenis geneem.

“Polisiebeamptes het die twee verdagte vragmotors gesien wat langs die pad gestaan het. Hulle het die vragmotors deursoek en was geskok om 59 Malawiese immigrante, onder wie sewe vroue en twee minderjarige meisies, agter in te vind,” het Maluleke gesê.

Hy het gesê van die mense agter in die vragmotor was in ʼn gevorderde stadium van dehidrasie. Sommige het vervalste paspoorte by hulle gehad.

Mussa en Prahima het reeds Vrydag in die hof verskyn en die saak is tot Dinsdag uitgestel vir formele borgtogaansoek. “Al 59 immigrante sal aangekla word dat hulle sonder wettige dokumentasie in die land is asook in die Marble Hall-landdroshof verskyn,” het Maluleke gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pops ·

Nog ‘n goeie storie vir ons regering.
Hoe kom trokke vol onwettige mense sonder die nodige dokumentasie in ons land in.
Seker om te kom stem vir die regerende party.
Of hoe?

ig ·

Maar natuurlik moet hulle mos kom stem in ruil vir verblyfreg. Presies wat in die Kaap gebeur het,busse en busse vol is aangery om te kom plak.

Theuns ·

Mense steel koper omdat iemand dit koop! Mensehandel vind plaas omdat iemand vir hulle werk gee! Hierdie voorval is tipies van die emigrante wat in Europa arriveer met klein bootjies. Net die vervoer middel verskil? As jy die skrootwerwe beheer en die werkgewers, moontlik boere, stop om die mense in diens te neem stop jy die misdade! Maar daar is te veel ouens wat ‘n vinger in die vleispastei het! Die mense arriveer hier met wettige dokumente of hulle hier in Suid Afrika gebore is? As die emigrante swaarkry dan moor en steel hulle om hulle behoeftes te bevredig! Mamon bly die groot wenner!!!!!

Skokkend ·

Hoe gaan ‘n hele trok en soveel mense deur die grens, dan probeer die eerlike wetsgehoorsame burger met ‘n paspoort met sy kinders reis, dan word hul geweier, diere moet permitte hê, maar die klomp kom net deur, as hul nou sê ja maar hul het gedink dit is net goedere agterin, waar is die scanneer, waar is die dokumentasie, dan is daai trokke nooit gekyk nie, maar jy wat werk, inkomste bring, belasting betaal se dokumentasie mag nie ‘n gram uit wees nie, dan staan daai vrag dae. Die grenspos se beamptes moet ook aangekla word saam met die klomp.

Louis ·

Dis baie maklik, hulle stap langs die grenspos oor. Daar is lankal nie meer drade nie. Net die drywer hoef met die vragmotor deur te ry.

KP ·

Skokkend jy weet waarvan jy praat. Hierdie mense kom nie die land in om te kom werk nie of omdat werk belowe is nie, hulle kom vir gratis medies ens, ens, en om dan te roof, moor en steel.

Skokkend ·

Ek stem saam KP, hulle kom net om die geweldsmisdade en algehele kriminiolie die hoogte in te stoot. Wens net die land se goeie mense wat werkloos is, sien dit en staan op vir hul regte, ja die mense kom neem jul poste en verder is niemand veilig nie en julle kry die skuld.

Domkop ·

Hierdie is minderjariges wat ontvoer is of het ek nou die kat by die stert beet? Hoe kan hierdie kinders van enigiets aangekla word as hulle ontvoer is?

lynette ·

Ag nee Domkop, gaan lees weer die berig stadig, dan sal jy jou eie vrae kan antwoord.

Nico K ·

Ek stem saam met Theuns. Ek ken talle mense wat Zimbabwiërs in hul diens het. As ek sulke mense vra of hulle wettig is, dan antwoord hulle: Seker maar. So ons is maar aandadig.

Theuns ·

Nico K? Dankie. Daar is miljoene van hulle hier en daar is geen beheer oor hulle nie! Die buitelanders is veronderstel om in deurgangs kampe gehuisves te word maar Zuma is teen dit want nou hoef hy nie die geld wat afkomstig is van die VN Gesondheids Organisasie aan te wend vir die emigrante se registrasie en behoeftes nie. Dit is een van die onopgeloste geheime wat van die geld geword het? Die ouens met die lang hare en dik bril glase beweer dat emigrante goed is vir n land(Dawie Roodt) Regtig? Miskien mense met sekere kwalifikasies maar die lot wat hier aankom het minder bekwaamhede as ons eie en is brandarm! Probeer om in enige ander land met geen kwalifikasies integaan sal ek vir jou se dit gaan blikslim moeielik wees!

waarheid ·

Na die verkiesing begin geweld teen Daardie wat so ingevoer is want hoe anders kan regering hul weer terug Stuur.

John ·

Dis hoekom die Kaap lyk soos hy lyk. Miljoene, ek skat maklik 20 miljoen buitelanders, het die afgelope 20 jaar die land onwettig/’wettig’ binnegekom. Die nuwe AU-paspoort sal die land verder laat oorspoel. Almal kla oor die swak kwalifikasies van die voormalige AU-hoof se voormalige. Kyk hoe gaan dieselfde van met hogere kwalifikasies die grade van chaos laat eskaleer. Die Kaap van storms sal weer sy naam gestand doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.