Onwettige jagter deur leeus verskeur

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

ʼn Jong man is Woensdagaand deur ʼn leeu verskeur toe hy as deel van ʼn groep onwettig op ʼn wildsplaas in Limpopo gaan jag het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf mans het met ʼn trop honde op ʼn wildsplaas in die Namakgale-gebied buite Phalaborwa gaan jag. Hulle was omstreeks 18:00 te voet in die veld, toe hulle skielik deur twee leeus bestorm is.

“Drie van die mans kon daarin slaag om betyds in ʼn boom te klim, terwyl die vierde weggehardloop het. Die vyfde man en twee van die honde is egter deur die leeus verskeur,” het Otto gesê. Dit is nie duidelik hoeveel honde die mans by hulle gehad het nie. Die mans het nie vuurwapens by hulle gehad nie en het slegs met die honde gejag, het sy gesê.

Otto het gesê die oorledene is die 24-jarige Matome Mahlale. “Die leeus is die eiendom van die eienaar van die wildsplaas. Die drie mans in die boom kon uiteindelik vlug toe die leeus weggeloop het.”

Volgens Otto is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die vier mans sal egter aangekla word van onwettige jag en die onregmatige betreding van privaat grond. ʼn Geregtelike doodsondersoek is intussen begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Johan ·

Wonder of hulle die leeus vir moord gaan aankla. Sal my gladnie verbaas as die arme leeus geskiet gaan word oor hulle ingemeng het met menseregte nie.

Arie plaasboer ·

Jy is heeltemal verkeerd.

Die boer gan vir moord aangekla word. Vir wat hou hy gevaarlike leeus aan op `n WILDSPLAAS aan waar “onwettige” jagters hulle ding wil doen.

Die boer moes geweet het dat “onwettige jagtery”op sy plaas gaan plaasvind en moes voorsorg gemaak het dat die leeus nie die jong man en sy honde verskeur nie.

Dit is tog elkeen se demokratiese reg om “onwettig” te wil jag.

Esther ·

Wie se hul was nie oppad na die boer se huis nie, wapens reeds daar versteek vroeer….

jakes ·

Asb, gee leeu ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Ook jammer die leeus het nie ook in die boom geklim…..

marianna ·

Hulle het gaan jag sonder vuurwapens? Ek sou eerder dink die honde het gaan jag

chris ·

So as hulle vuurwapens gebruik dan is die geweer die jagter?

Jakes ·

Aag die is nou so mooi verhaal. Hoop nie iemand wil iets aan die arme leeus doen nie. Die lot moes deur n elektriese heining geklim het met die brakke om toegang tot die grond te kon verkry

Lettie ·

Net ‘n jammerte dat die arme onskuldige honde daar onder moes ly. Hoe wil jy ‘n leeu aanvat sonder ‘n wapen dit is MOS nou vir moelikheid soek. Go Lions well done!!!!!!!

Shane ·

Dalk het die man ‘n WP trui aan gehad? Jis ek hoop net nie die leeu tel ‘n siekte op nie, jy kan nie die diere sommer enige gemors voer nie! Ek kom van Phalaborwa af en almal daar wèèt dat daar leeus, luiperds en olifante in die bos is en daar word gereeld mense dood getrap, gebyt of vergiftig, so die man kry 0% simpatie by my. As die kop dom is moet die lyf sukkel! Ek hoop terharte dat hierdie voorval himself herhaal! ‘n hele paar keer oor! Die ouens het gaan renoster stroop! HUlle lieg oor die vuurwapens!

Jan maak n Plan ·

Give that LIONS a BELLS. Well done Leeutjies Wel done!!!!!

Knersus D ·

Justice!! Geregtelike ondersoek? Net solank hulle nie die leeu van kant gaan maak nie.

Uys ·

die leeus sal niks oorkom nie, ook nie die grondeienaar nie. Hul was onwettig op die grond en wil wild steel

Willie Brits ·

Jungle Justice! Leeu regstellende aksie! Hierdie naweek gaan goed wees.

Se maar net ·

Mooi ou leeutjie!!! Ons kort nog baie leeus op ons plase!!!!

Knersus D ·

Een van die boomklimmers het sy selfoon by hom gehad. Toe bel hy die nood nommer. Hy skree oor die foon: “Lou, Lou, Loooouuuuuu!!” Toe vra hulle hom om die “Lou” te beskryf. Maar hy verstaan nie van “beskryf” nie. Toe vra hulle: ” Hoe LYK die Lou”. Hy skree toe: “Hy lyk hongor!!”.

streicher ·

Ek brul skoon van Leeu plesier!!! Wens Renosters kon byt.

Uys ·

Die makker wat weg gehardloop het was heelagter, tot hy die een voor hom gepootjie het sodat hy nie meer agter hardloop nie.

Arie plaasboer ·

Pragtige opmerking, Uys. Ek hou daarvan.

Miskien ook tiperend van hoe die ANC regering redeneer.

Arie plaasboer ·

Kostelike opmerking, Uys. Ek geniet dit terdee.

Op `n manier kenmerkend van hoe die ANC regering redeneer

Knersus D ·

LOL Uys! As ‘n mens leeu wil jag, hoef jy nie vinniger as die leeu te hardloop nie. Jy moet net vinniger as die stadigste jagter te hardloop!

Jeanette Visser ·

Hahahaha lekker lag ek nou vir al die kommentaar dankie julle het my vrydag gemaak. Go Leeus Go!!!!!!!!

HANS ·

Hulle noem dit misdaadvoorkoming. Ek gaan vir my n leeu aanskaf!

René ·

Lol…of nog erger…die leeus gaan nou as rasisties bestempel word….

Sylvia du Plessis ·

Lekker man lekker. Ek hoop van harte dat die leeus nou nie van kant gemaak gaan word nie.

§æ ·

Leeu ,Leeu hoe laat is dit !!!!!
Ĺeeu ,ĺeeu hoe laat is dit ? ???? 18 :00 DIS ETENS TYD

Sssssss ·

Leeu ,Leeu hoe laat is dit??????
Ĺeeu ,ĺeeu hoe laat is dit ? ???? 18 :00 DIS ETENS TYD

avenia ·

Argh…….that was awful, roooaaaarrrrrrrr, burp!burp! ENO’s plz, I’ve got tummy ache……………… Lol… Good on u mr Lion, such a pity u never had Steers sauce to out on that meat………. I love u furries….. GIVE THOSE LIONS UTHA MEAT PLZ,,,they deserve decent food!!!!!!!!

avenia ·

Argh…….that was awful, roooaaaarrrrrrrr, burp!burp! ENO’s plz, I’ve got tummy ache……………… Lol… Good on u mr Lion, such a pity u never had Steers sauce to put on that meat………. I love u furries….. GIVE THOSE LIONS UTHA MEAT PLZ,,,they deserve decent food!!!!!!!!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Mense ons spot nou lekker en ek lag lekker vir almal se komentaar , maar dink jou self in jy word duer leeus gejaag en hy vang jou hy gaan jou op eet, so will ek nie dood gaan nie dit moet baie erg wees dit gee my klaar nagmeries

AWillie Brits ·

Met ‘n naam soos bosvark? Ja, ek sien jou punt in. My raad aan jou is om altyd tekkies te dra en ‘n 7-yster as jy is waar leeus naby is. Jy slaan dan die gids met die 7 yster op die knieg en hardloop vir dood as ‘n leeu jou storm.

Arie plaasboer ·

BUSFARK,
Jy hoef nie die ritteltits te kry dat jy so sal doodgaan nie.
Bly net weg van “onwettige jag ekspedisies” en jy sal genees wees daarvan.

Ben ·

Waarom sit julle nie ‘n “Like” regop duimpie by al julle stories nie? Dit sal met die druk van jou muisknoppie wys hoe jy voel sonder kommentaar of ‘n verhaal, a-la-Facebook.

Sarie ·

Die natuur het nog altyd vir homself gesorg. Busvark van Pletsen – as jy op die verkeerde plek op die verkeerde tyd is, dan moet jy maar die nagevolge dra. Dit is die leeus se plek daardie nie – nie die ONWETTIGE jagters s’n nie. Well done leeus – dit is dalk n les vir ander voorneme onwettige jagters. As die natuur nie vir homself gaan praat nie, want duidelik doen die mens dit nie, gaan ons op die ou einde geen diere meer hê nie. En dan sal ons nageslag net diere kan sien in museums. As die nog veilig gaan wees om te besoek.

Grassie ·

Leeu se kind kan ‘n mens talente in jouself laat ontdek wat jy nie van geweet het nie. ‘n Kennis van my, wat ‘n wildsplaas in Zimbabwe gehad het, het my vertel dat ‘n jagter op sy plaas eendag deur ‘n leeu geskraap is. Die jagter, ‘n ouerige omie met ‘n effense boep (‘n bankbestuurder van beroep) het teen die gladde stam van ‘n kremetartboom opgeklouter teen ‘n spoed wat ‘n luiperd sou laat bloos, tot bo in die takke. Hulle moes ‘n leer by die opstal gaan haal om hom weer af te kry.

Hermien ·

Hulle moet maar die leeu aankla….die boer is onskuldig…hulle het oortree….en so gaan dit aan en aan…

Maggie van Zyl ·

Whahaha, ek was nog nooit ‘n “Lions” ondersteuner nie, maar hierdie het my nou pas van gedagte laat verander !!!

Stefaan ·

Wonder wie was so skerp om ‘n foto van ‘n leeu te plaas wat sy lippe aflek. ha ha ha

Winston ·

A picture tells a thousand words. Mooi foto, lekker kommentare en bly die leeus leef…..vir nou. Weet nie of middels gaan help om hulle te spuit nie. Long live the King of the jungle!!

ANDRÉ ·

Hoe lekkerrrrrrrr kry ek nou! Dis nou geregtigheid, Afrika-style. Jagters = 0; leeus = 1.

Peet Schabort ·

As jy ooit ‘n leeu wil jag, in die dag of in die nag, gooi sout op sy stert en wag . . .

yolandi ·

“He got swallowed by a lion, boots and all”…. Leeu jou yster, welgedaan….
Is mos nou sulke dingetjies wat my trots suid-afrikaans maak…

Debra Rabey ·

Its about time law changes. If you dumb enough to go hunting on land that has wildlife on it. You as a person should have the expectation that you could be eaten. Mauled or trampled. You invading their home with intent to kill something so they are just defending their homes and prides. Even dumb to climb a tree. Lions can when they want to climb a tree.
Hope the lions get off scott free luke the human killets of late do.

REGINA ·

Maroela, wat het van vrygeid van spraak geword? Ek het seker so vier dae gelede ook kommentaar gelewer, maar dit het soos mis voor die son verdwyn en is nie geplaas nie? Wat is die rede daarvoor, Maroela? Laat weet my asb.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.