Onwettige kragverbindings neem toe

(Foto: Matthew Henry/Unspslash)

Al hoe meer onwettige kragverbindings, meters wat omseil word en vandalisme van die kragnetwerk plaas toenemende druk op die stelsel en het reeds tot talle kragonderbrekings in Gauteng, en veral in Soweto, gelei.

Eskom sê hy ondervind ʼn beduidende toename in die vraag na elektrisiteit tussen 05:00 en 09:00 en weer tussen 17:00 en 21:00 in vergelyking met vorige jare.

“Dit is ongelukkig dat ʼn toename in onwettige verbindings, meters wat omseil word en ander diefstalverwante bedrywighede van ons infrastruktuur gelei het tot verspreide en verlengde kragonderbrekings in onder meer Soweto,” het Motlhabane Ramashi, senior bestuurder van instandhouding en bedryf, gesê.

“Ons gaan nie in ʼn posisie wees om te reageer op die herhaaldelike kragonderbrekings wat spruit uit onwettige verbindings nie. Dit is nie finansieel volhoubaar nie en plaas selfs groter druk op belangrike hulpbronne, soos onderdele, tydens die staat van algehele afsondering.”

Eskom sê hy was besig met ʼn veldtog om sy netwerke in stand te hou en om bykomende maatreëls in te stel om sy bates te beskerm. Hy het ook ʼn oudit van verbindings gedoen en onwettige verbindings en meters wat omseil word ontkoppel in ʼn poging om te verseker die netwerk funksioneer optimaal.

Dié bedrywighede is nou opgeskort en Eskom sê dit gaan die herstel van kragtoevoer na die geraakte gebiede vertraag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael 1 ·

Wie is die kragdiewe?,name and shame them of aanvaar defeat.

007 ·

Sny Soweto se krag af as hulle nie by die reels kan hou nie. Hulle sal mekaar vinnig uitsort.

Kokerboom ·

Aangesien Eskom ‘n SOE is dink ek dis net regverdig dat die Staat sy kant bring en die problem van onwettige kragverbindings help hokslaan. Dringende aandag word benodig

Hoffie ·

Ek sou geen slapelose nag hê sou Soweto se krag geheel en al “ onderbreek”

Anel ·

Ja, en ons het van Maandag elke dag nog kragonderbreking vir tussen 2 en 5 ure en niemand kan vir ons sê wst die regtige rede is nie. Ons neem maar aan dat die “load shedding” is tot hulle met bewyse kom wat die teendeel bewys. Wie gaan vir ons elektriese toestelle betaal as dit begin oppak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.