Onwettige myner sterf tydens ontploffing

Argieffoto

Die polisie in Mecklenburg buite Burgersfort in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn 53-jarige man in die hospitaal aan sy beserings beswyk het ná ʼn ontploffing.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, Bright Chirongoma, en twee ander persone, is werknemers van die Clip Ham- onwettige myn en hul werkgewer het hulle glo opdrag gegee om die springstof te vernietig net nadat hy saam met twee medepligtiges in hegtenis geneem is. “Die drie persone is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag dat hulle ʼn chroommyn met ʼn onwettige lisensie bedryf het,” het hy verduidelik.

“Die toestel het tydens proses om dit te vernietig, ontplof en twee myners is beseer. Chirongoma het kritieke beserings opgedoen en hy het Saterdagaand in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die ander werknemer het behandeling ontvang en is dieselfde dag nog ontslaan.”

Drie onwettige myners het intussen Maandag in die Mecklenburg-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ʼn onwettige myn bedryf het. Die drie persone, Hendrieck Christiaan Els (42), Ephraim Manyaka (60) en Phillimon Mashabela (60) bly in aanhouding tot 29 Januarie wanneer hulle sal aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

En volgende is dit seker weer n begrafnis op ons belasting koste en n huis vir die arme agtergeblewenes… shame.

Houtoog ·

‘Aan sy beserings ontkom’? ‘Ontkom’ beteken om van te ontsnap. Sou eerder ‘beswyk’ gebruik?

Sune van Heerden ·

Dagsê Houtoog

Ons vra groot om verskoning vir die flater. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.