Onwettige myners in Kimberley uitgesit

Argieffoto

Die polisie het Donderdag die uitvoering van ʼn uitsettingsbevel van die hof in Kimberley en omgewing gemonitor.

Die uitsettings het by Green Point, Samaria en Kenilworth plaasgevind, het brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, verduidelik.

“Mynsekuriteit by Green Point het een onwettige myner in die hand geskiet ná ʼn onderonsie omstreeks 12:00.” Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“By Samaria het ʼn groep van 300 onwettige myners die R64 (Boshoff-pad) versper en polisiebeamptes met klippe bestook. Polisiebeamptes moes van rubberkoeëls gebruik maak om die groep onwettige myners te verjaag. Een persoon is getref en is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Ramatseba bygevoeg.

Nege verdagtes is in hegtenis geneem in verband met openbare geweld nadat hulle die pad versper en beamptes met klippe bestook het. Hulle sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn hangende verdere ondersoek.

Die polisie monitor die situasie, maar dit is tans kalm in die gebied, aldus Ramatseba.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Onwettige myners waarom work hulle nie aangekla omdat hulle onwettig myn nie?

Jane ·

Hoekom moet daar so baie moeite gedoen word om ONWETTIGE plakkers en ONWETTIGE myners uit te sit? Hoekom word dit in die eerste plek toegelaat en moet eienaars so sukkel om die mense uit die myne en van hulle grond af te kry. As jy ONWETTIG erens is ‘ n op ‘n plaas of in ‘n myn IS JY ‘N KRIMINEEL en moet die polisie jou kan verwyder SONDER ‘n uitsettings bevel want jy het in die eerste plek nie die reg gehad om daar te wees nie . hoekom moet dit die eienaars altyd geld kos om van KRIMINELE ontslae te raak? Tree jy SELF teen hulle op of maak hulle skrik in ‘n kis, word jy in die tronk gegooi .. so dit kos jou duur hofsake om van die onwettige betreders ontslae te raak . IN ONS LAND het die kriminele en ontwettige immigrante en onwettige betrders BAIE meer regte as die wetsgehoorsame burgers wat elke maand GETROU HULLE BELASTING BETAAL>

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.