Onwettige myners sterf in ongeluk

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die polisie by Driekop, naby Burgersfort in Limpopo, ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vier vermeende onwettige myners in ʼn ongeluk gesterf het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn vragmotor waarin hulle op die perseel by Maandagshoek gery het, het Saterdagaand omstreeks 21:10 omgeslaan. “ʼn Ondersoek om te bepaal of die slagoffers inderdaad onwettige myners was, duur voort.”

Volgens inligting was ses mans in die voertuig op die berg toe die bestuurder skielik uitgeswaai en die vragmotor ʼn paar keer gerol het. “Vier mans is op slag dood en twee is ernstig beseer,” het Mojapelo bygevoeg. Die polisie is na die toneel ontbied en het die slagoffers tussen groot klippe en die wrak aangetref. Die beseerde persone is na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie in Limpopo was tot dusver suksesvol om onwettige mynbou te bekamp en is grootliks onder beheer gebring sedert die aanvang van provinsiale bedrywighede in Mei 2017, onder leiding van die adjunk provinsiale kommissaris wat vir misdaadbekamping verantwoordelik is, genl.maj. Bafana Linda. Sewentig myners, insluitend die “groot base”, is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op mynbou-toerusting ter waarde van miljoene rand, het Mojapelo verduidelik.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gemeenskappe opnuut gewaarsku, veral diegene wat langs die R37 tussen Lebowakgomo en Burgersfort bly, om nie aan onwettige mynbouaktiwiteite deel te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JAN ·

aan die eenkant van die land is polisie suksevol om onwettige mynbou te bekamp, maar in die weskaap vloreer onwettige perlemoen stropery . dit laat mens dink……..

Haibo ·

Wat ‘n belaglikheid . dink julle as een van ons Suid Afrikaners ONWETTIG in ‘n ander land was en betrokke was by ONWETTIGE bedrywighede sou daar ‘n ondersoek geloods word en soveel aandag geniet? Dis NET in SA wat die ONWETTIGE immigrante wat ONWETTIGE Werk hier doen soveel regte en voorregte geniet …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.