Onwettige myners vas vir moord, aanranding

Die polisie in Randfontein het toegeslaan op 12 mans wat glo eie reg gebruik het (Foto: SAPD)

Die polisie in Randfontein, Gauteng, het tydens ’n operasie in Bhongweni altesaam 12 vermoedelik onwettige mynwerkers vasgetrek.

Twee van die mynwerkers is in hegtenis geneem vir moord, terwyl die ander tien aangekeer is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, is die polisie na die toneel ontbied nadat hulle inligting ontvang het dat van die mynwerkers eiemagtig optree.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle twee mense wat deur tien vermeende onwettige mynwerkers aangerand is, gered,” sê Masondo.

Voorlopige inligting dui daarop dat die twee slagoffers glo ’n ander onwettige mynwerker in die vroeë oggendure doodgeskiet het. Dit het daartoe gelei dat die mynwerkers toe glo eie reg gebruik het.

“Die verdagtes se dokumentasie sal deur die departement van binnelandse sake hanteer word omdat die verdagtes na bewering ook ongedokumenteerde immigrante is.”

Die verdagtes sal na verwagting eersdaags in die landdroshof in Randfontein verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Waarnemer ·

En ek dog die polisie hdt nou al die zama zamas vasgevat in Randfontein! Of is hulle weer vrygelaat?

Swerwer ·

Weereens ‘n bewys dat daar ‘n groot gebrek heers in hierdie Rommel land. Die Reënboognasie soos dit genoem word het so geskitter dat dit die Kader se oë verblind het en hul take nie kon uitvoer nie, nou dat dit te laat is en die kleure van die reënboog nasie uit mekaar word daar na grashalms gereik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wittes, BEE, regstellende aksies, transformasie, staatskaping, kaderontplooing en baie ander sake het die kaders te besig gehou.

domheks ·

Nog 10 om te versorg betaal deur die belastingbetalers! En die kaders sit hulle stoele lekker warm en laat alles toe, dan onderhou die belastingbetalers nog die kaders ook.

Faraway ·

Om te vang, te vonnis en permanent in tronk te hou is die oplossing . . . probleem ontstaan waar die wat gevang was wat WEER uitkom WEER te vang!!!!
Vir byna 2jaar was hele wêreld ingehok en behoed jou as jy sou uitkom! Wats fout met ons stelsel omtrent tronke?

domheks ·

Ramaparra sal moet begin TRONKE BOU! Veral as die skelm kaders moet tronk toe gaan!

SjN ·

Terwyl hul gevang is, laat hulle uitkom wie dit by hulle koop, solank daar n afset is sal dit nie stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.