Onwettige mynwerker se liggaam gevind

Die toneel waar die onwettige mynwerker se liggaam gevind is. Foto: @SAR_K9_Unit op Twitter.

Die toneel waar die onwettige mynwerker se liggaam gevind is. Foto: @SAR_K9_Unit op Twitter.

ʼn Onwettige mynwerker wat ondergronds vasgekeer was se liggaam is Sondag in Selby, Johannesburg na die oppervlak gebring.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die man se liggaam is na ʼn uitgebreide soektog gevind. Volgens Mulaudzi is die man se liggaam in ʼn sloot gevind wat met klippe toegeval het.

Die man, in sy 30’s, se liggaam is op die toneel deur sy broer uitgeken. Volgens Mulaudzi was die man sedert Saterdag ondergronds vasgekeer in die ou mynhoop op die hoek van Webber- en Johnstraat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.