Onwettige sigarethandel: Sindikate gebruik geweld, intimidasie

(Argieffoto)

Die drukgroep Tax Justice South Africa (TJSA) waarsku dat georganiseerde misdaadsindikate nou bendetaktiek gebruik om hul beheer oor sigarethandel te behou sedert die verbod op tabakprodukte opgehef is.

Yusuf Abramjee, stigter van TJSA, het Dinsdag gesê die verbod op tabakprodukte en alkohol het misdadigers in onwettige handel ʼn monopolie op hierdie markte gegee.

Dit het daartoe gelei dat die handel in sigarette meer winsgewend as dié in dwelms geword het met sommige dwelmbase wat volgens Ambramjee tot R100 miljoen ʼn dag gedurende die verbod op tabakprodukte gemaak het.

“Hierde misdadigers is nie lus om afstand te doen van die beheer nadat die verbod opgehef is nie. Hulle het nou hul enorme belastingvrye wins gebruik om hul verskaffingsnetwerke uit te brei en hulself in gemeenskappe in te setel.”

Daar word berig dat hierdie misdaadsindikate dreigemente van geweld, intimidasie en ander taktieksoorte gebruik om informele handelaars en spazawinkels te dwing om hul voorraad steeds te verkoop.

“Dit is ʼn prysoorlog met die klem op oorlog en hou ʼn baie ernstige gevaar van bloedvergieting in.”

Abramjee wys verder daarop dat Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Maandag bevestig het dat dit jare sal neem om misdadigers uit te roei wat munt uit die verbod op sigarette slaan.

Hy waarsku dat misdadigers nou goedkoop onwettige sigarette in die mark in dwing sonder om enige belasting te betaal. “Die owerhede moet ondersoek hoe hierdie sigarette verkoop word, terwyl Jan Taks uit geld bedrieg word wat broodnodig is om lewens te red en ons land te herbou.”

Volgens Abramjee is enige pakkie sigarette wat minder as R25 kos rede tot kommer aangesien aksynsbelasting (R17,40) en BTW (R3,26) nie veel meer as R4,34 oorlaat om deur die vervaardiger, groothandelaar en kleinhandelaar gedeel te word nie. “Dit is eenvoudig nie geloofwaardig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Persheks Adri ·

Begin by kopdoek en haar kinders! Sy’s die 1 wat die kitaar slaan en die geld gemaak het saam met haar kinders. Hou haar verantwoordelik vir die verlies van inkomste. Die regering het die mense na dit toe gedryf so daar is die begin punt!

Cornelius ·

En die ANC het geen idee wie die onwettige handelaars is nie of hoe die smokkelaars dit die land inbring nie. Wat n sirkus.

Anoniem ·

Ek gee ook nie om nie Cornelius, ek gee nie meer R 24-75 per pakkie mahala aan die staat nie.

Andre ·

Aksynsbelasting van R17.40 plus R3.26 BTW! Geen wonder nie. Ek rook nie, maar sou ook eerder goedkoper sigarette gekoop het as die kwaliteit redelik was.

Frannie ·

Ek weet nie of ek simpatie het met die TSJA of Kieswetter of die regering het nie.
R17-40 net vir aksynsbelasting. Dis mos belaglik!
Hulle moes daaraan gedink het voor hulle ‘n verbod op sigarette geplaas het.
Aan die begin het ek soos ‘n druggie gevoel wanneer ek my sigarette moes gaan koop het. Later het dit my nie in die minste gepla nie. Nou rook ek ‘n goedkoper sigaret, want dit is net so lekker soos my duurder brand.
So, baklei julle maar lekker, ek rook lekker.

Anoniem ·

Rook self R20-00 sigarette wat heel aangenaam is en nie meer die R49-00 sigarette waarvan die staat R24-75 kry nie. Boonop is daar bloedwynig verskil tussen die 2.

lollapot ·

Die ERGSTE was, dat ek op 61 skelm moes rook, terwyl ander hulle dagga openlik kon rook! Kopdoek het die antwoorde, laat sy die probleem uitsorteer

Callie ·

NDZ se probleem! Sy het haar mos dom astrant gehou terwyl almal haar gewaarsku het oor al die gevolge wat die sinnelose tabak verbod sal meebring! Sy moet maar pa staan vir die onberekenbare skade wat SA ly. Sy moet antwoorde verskaf want dit is alles haar skuld.

Pieter ·

So gaan dit as jy jou self n dokter noem en dink jy is slim. Sy het het ons gedwing om die goed koop sigarette te koop so nou koop ons dit en sy en haar ANC regering kry nie belasting geld nie.

Anne-Marie ·

Stuur die smokkerlaars na kopdoek….sy sit met driekwart van hulle geld…sort haar uit…en vir groot hoed, hy het net so lekker sy gatsak volgemaak….!!!!

Adam Adriaan ·

Ou tannie kopdoek was mos hand om die blaas met die smokkelaars en sy het ook invloed daar. Sy moet hulle maar bymekaar trek en dissiplineer soos sy die arme rokers vasgevat het.

Peetjie ·

En wie moet ons bedank vir die chaos…
Net vir antie kopdoek….

johanf ·

Ek koop geen tabak produk waar die regering ń sent op kan maak…. Toe ons wou, was dit Nee…. Julle was gewaarsku van verlore Biljoene wat benodig word. Dat CR se antwoord was, “die hof moet maar besluit”
Dit is in jou hande NZ, waar is jy nou……?
Geen Simpatie…..

Ou gees ·

Kry vir julle, pappie.
Die regering het sweet blow boggerol omgegee oor aksynsbelasting gedurende lockdown, hoekom moet ons nou glo dat dit vir hulle ‘n noodsaaklikheid is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.