Onwettige sigaretsmokkelaars het oorhand in SA

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Rodger Bosch, AFP)

Tax Justice South Africa, ʼn organisasie wat optrede eis teen georganiseerde misdaad, vra dat ’n dringende ondersoek na smokkelary by Suid-Afrika se grense gelas word in ’n poging om die vloei van onwettige sigarette hok te slaan.

Die versoek volg nadat die polisie in Limpopo verlede week beslag gelê het op ’n vragmotor met byna R10 miljoen se onwettige sigarette. ’n Doeanebeampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is in hegtenis geneem in verband met dié vrag.

Yusuf Abramjee, stigter van Tax Justice South Africa, sê onwettige sigarette stroom die land binne sedert misdadigers tydens die landwye afsonderingstyd beheer van die tabakmark oorgeneem het.

Hy sê misdadigers het sedertdien die grootste swart mark ter wêreld in sigarette gevestig en verdien maandeliks miljarde rande in belastingvrye winste.

Abramjee beskryf die doeanebeampte se beweerde betrokkenheid by die verspreiding van onwettige sigarette as ʼn “sinistere ontwikkeling” en sê ʼn volledige en deeglike ondersoek moet gedoen word om die landsgrense te beveilig.

Tax Justice SA voer aan verlede week se beslaglegging in Limpopo is die jongste in ʼn reeks klopjagte waar daar op Remington Gold-sigarette beslag gelê is. Dié sigarette word in Zimbabwe deur Gold Leaf vervaardig. Die tabakreus vervaardig ook verskeie plaaslike sigarethandelsmerke in Suid-Afrika, waaronder RG, Sahawi, Chicago, Voyager en Sharp. Hierdie handelsmerke word by ’n fabriek in Gauteng vervaardig.

Volgens Abramjee was Gold Leaf-handelsmerke verreweg die grootste verkopers gedurende die inperking.

“Remington Gold is só suksesvol gesmokkel dat vyf miljoen daarvan elke dag verkoop is. Dit is nou openlik reg oor die land beskikbaar saam met ander handelsmerke waarop daar ooglopend ook nie belasting betaal word nie.”

Pogings om kommentaar by Gold Leaf in Suid-Afrika te kry was onsuksesvol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jakez ·

Sjoe, ek betaal eerder meer en ondersteun die wettige handelsname!

Dis my mening ·

Ek sal nie een van die wettige handelsname ondersteun nie, nooit!

Eltan ·

Ek stem…ek beskou die belasting onduiking van sigaret vervaardigers as n helde daad…waarom enigsins n Rand vir die regering gee as hulle nie eers n cent terugploeg in die ekonomie nie..die regering het dit aan hulleself gedoen…hulle moet nou kom huil nie…so ver mens kan belasting ontduik hoe beter…want meer geld in jou sak en minder in die bodemlose vrate se sakke…

Raakvatter ·

Stefan, korrek. 10 uit 10 vir jou afleiding, ek is ‘n koper. Hoera!

msp ·

Dit kry jy as jy alles op lockdown plaas. Niemand het ń tekort gehad van sigerette of drank nie. Die regering het maar net met die lockdown hulle self in die voet geskiet.

Harry ·

En so kan julle gaan naspoor wie het ‘n hand in hierdie onwettige tabak handelaars. Maak vir interresante leestof.

JohanR ·

…….and the Zuma’s have cornered the market. Sal ons ‘n tweede beperking op sigaret verkoope sien met tweede vlaag Covid? Miskien raak ou Tannie Stadig, Baie Stadig se geld op? Sy moet bietjie geld spandeer op Duracell batterye sodat sy soe bietjie woema kan kry!

Jacobus ·

Van wanneer af is iets wat sy wortels in ANC het toerekenings vatbaar. Friends in high places. Weer net gedurende NEC vergadering bevestig.

LANA is ELANè ·

Ek ruik ‘n rot en die rot ruik die ene N Dhlamini Zuma.
Dit was die hele doelwit agter die drakoniese rookverbod tydens die 1ste deel vd inperking om die onwettige tabakbedrywe tussen die wettige tabakbedryf in te fasseer tot voordeel van vigilante groepe.

Pieter ·

Dit was ou kop doek se plan van die begin af sy lag al die pad bank toe.

Connie ·

Gaan julle weer alles onder lockdown sit? Skiet julle maar self weer in die voet. Die mense skrik nie meer vir julle nie, versal nie vir ou kopdoek nie, ja sy het seker nie meer geld nie, sy wil gou weer geld maak.

Nick ·

Bwahahahaha,ek sal hulle ondersteun,alles wat hierdie regering se onwettig is sal ek ondersteun. Ek haat die regering en hul skelm politieke agenda , die lands burgers is so bang vir die eff, die wetteloosheid vier hoogty en hulle moan oor siggarette!!!!!!!Bring daai onwettige siggarette,ek maak geld met dit,bwahahahahaha!!!!!

Maureen ·

So kry jy dan wettige smokkelaars? Vra vir ‘n vriend????

Persheks Adri ·

Ons bedank vir kopdoek en haar kinders vir dit! Hulle het mos lekker geld op swart mark gemaak pffft!

Anoniem ·

Is daar enigsins ‘n verskil in kwaliteit tussen “wettige” en “onwettige” sigarette? Prysgewys is dit ‘n geval van “two for the price of one” .

Derek ·

Ons weet mos nou wie is die persoon wie dit met lockdown geregverdig het.

Elize ·

Dit was nog net ‘n hupstoot van haar kant af om Cyril se regering meer bankrot te maak. Slim.

christo ·

Sekerheid studieontleders het gewaarsku dat sinnelose besluit van Nkosazana Dlamini-Zuma om tabakprodukte onwettig te verklaar verreikende gevolge gaan hê. Nuwe smokkelroetes en smokkelwyses het ontwikkel en die owettige takakbedryf “n dwarsklap gegee waarvan dit baie moeilik gaan herstel. Die hele SA is die verloorders want die belastinginkomste van wettige tabakprodukte is daarmee heen. Verder het dit ook ontwikkel in roetes waar allerande dwelms en ander onderwêreldse goedere gesmokkel word. SA beskik net nie die vermoë om sy grense te beveilig nie.

Johan David ·

Slim vang sy baas!!!! Sit ñ verbod op die sigarette en staan sterk by dit………..toe vind mense ñ plan B en nou bly hulle by plan B. Die regering moenie nou kom en huil daaroor nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.