Onwettige strukture in Kempton Park staan steeds

Foto: Verskaf.

Onwettige strukture is steeds opgerig op private grond in Glen Marais in Kempton Park ná onwettige plakkers die afgelope naweek daar toegesak het.

Die grond behoort aan ʼn private konstruksiemaatskappy, maar ʼn woordvoerder van dié maatskappy was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het wel aan Maroela Media bevestig die onwettige strukture staan steeds op die stuk grond.

“Die polisie en lede van die polisie se eenheid vir publieke orde het Sondag ʼn operasie uitgevoer ná berigte ontvang is van ʼn grondgryping in Glen Marais op die hoek van Dannweg en Friedstraat. Dié persone kan net verwyder word met ʼn hofbevel en dié proses is onderweg,” het Mokheseng gesê.

“Ons moet ook noem daar was nog mense wat gepoog het om nuwe strukture op te rig, maar beveel is om te skuif en hulle het aan die opdrag gehoor gegee.”

Maroela Media verneem die uitsettingsbevel is Dinsdag bekom, maar nog nie op die grondbesetters beteken nie.

Mokheseng het ook gesê ʼn privaatveiligheidsmaatskappy verskaf beskerming aan kontrakteurs wat ʼn muur op die grenslyn van die erf bou.

Maroela Media het vroeër berig Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het in ʼn verklaring gesê die Tshwane-metropolisie het vroeër vandeesmaand onwettige strukture in Hammanskraal afgebreek nadat plakkers daar ook gewaarsku is om onwettige strukture te verwyder, maar dié waarskuwings op dowe ore geval het.

Volgens Msimanga is daar ook in Olievenhoutbosch langs die R55 glo onwettig erwe afgemeet en aan individue uitgedeel. Msimanga het vroeër gesê hoewel daar nog geen plakkershutte opgerig is nie, beskou die metro die voorval as ʼn ernstige belemmering vir hul ideaal om behoorlike behuisingsgeleenthede en sosiale geriewe aan mense te bied.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Dis heeltemal te verstane.
Dis regeringsbeleid en uit die aard van die saak sal owerheid huiwerig wees om op te tree.

ontevrede leser ·

plakkers slaan “strukture” vrydag nag op, nou moet daar eers ‘n uitsettings bevel beteken word, wat eers maandag verkry kan word, wat in elk geval ge-ignoreer word, 3 maande later is die sloping van die strukture nog nie gedoen nie, nou kan niemand iets daaraan doen nie, PLAKKER, plak nou in sy struktuur. wat ‘n “lagwekkende” situasie

Casper Labuschagne ·

Laat staan nog Kempton Park, vanoggend se Volksblad se voorblad lui, “Duisende beset onwettig grond” wat betrekking het met onlangse grondbesetting in die Goudvelde.

TLC ·

Ja dit sal nog staar CR het seker opdrag aan Julius gegee om net geduldig te wees hy moet vasbyt tot hy sê ‘vat hom flaffie ‘

Lolla ·

Daar is niks wat se dat jy nie saam hulle op jou grond kan bly nie… Hulle sal niks van my hou nie! Hahahaha Sien hoe vinnig pak hulle weer op en vlug! Sal weier om enige munisipale fooie ook te betaal. Ek kàn ook mos vuur maak… Dan gaan ons braai!

Lolla ·

Terwyl hulle onwettig optree op my grond, sal ek ook aangesien n dowe oor en n blinde oog gespeel word. N Boer is nie, was nog nooit en sal ooit n “push over” wees nie.

Johan ·

Mense moet AfriForum dadelik nader in so ‘n geval. As ek reg verstaan is dit louter snert van die polisie fat daar eers ‘n hofbevel gekry moet word – veral as die klag van onwettige besetting/betreding binne (as my geheue my nie parte speel nie) 48 uur na dit plaasgevind het gelê word.

jaco ·

Sonder geld mors skemas soos Nkandla, sokkerstadions en salarisse van R1. 3 miljoen PER JAAR vir parlementslede, sou daar ook baie meer geld vir lae koste behuising gewees het.

Ampie ·

Jaco, as dit maar 1.3 miljoen was. in elk geval is die staat nie veronderstel om almal huise te “gee” nie. Die staat moet die ekonomie bevorder en dan koop mense self huise. Ons is al so gekondisioneer dat ons dink die belastingbetaler se plig is om “almal” mahala te help. Dit is nie.

Pik ·

En so is by my kind imgebreek terwyl hy slaap in n veiligheids kompleks om die draai van die onwettige bewoners

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.