Ooggetuie byna by hof aangeval

Buite streekshof 10 in Port Elizabeth op 8 April 2016 (Foto: ANA)

Buite streekshof 10 in Port Elizabeth op 8 April 2016 (Foto: ANA)

Die polisie in Port Elizabeth het Vrydagoggend vinnig opgetree en voorkom dat ʼn ooggetuie by ʼn hof aangeval is.

“Drie ooggetuies in ʼn saak oor aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, het met die staatsaanklaer vergader,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die hof was omstreeks 10:10 in reses toe ʼn 19-jarige wat in die agterry van die hof gesit het, skielik vorentoe gespring en gepoog het om een van die ooggetuies met ʼn mes aan te val.”

Volgens Naidu was die hofordonnans, konst. Anele France, egter paraat en het dadelik reageer en die aanvaller gestuit.

Lede van die blitspatrollie was in die hofgebou en het hul dadelik na die toneel gehaas en die verdagte oorweldig en in hegtenis geneem. “Niemand is beseer nie. Die verdagte is in aanhouding op aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en die besit van ʼn gevaarlike wapen,” het sy bygevoeg.

Naidu het bygevoeg die polisiebeamptes word geloof vir hul vinnige optrede om ʼn ernstige of noodlottige voorval te voorkom.

Intussen berig African News Agency die vermeende aanvaller was glo ʼn bendelid. ʼn Bron, wat anoniem wou bly, het aan ANA gesê verskeie verdagtes is buite streekshof 10 in hegtenis geneem. Verskeie lede van die publiek was glo in verskeie howe toegesluit ná die voorval, om die gebou te beveilig. Op die aangehegte foto, wat aan ANA verskaf is, wil dit voorkom of verskeie verdagtes deur die polisie in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Irene ·

In hierdie Suid-Afrika nog met wapens in hof kan gaan slaan my dronk is daar nie veiligheids deure nie geen wonder

Gielie ·

Wat van die polisie wat ook bendelede was, het hulle regtig gehelp?

Wat-ek- lees ·

Die ‘aanval’ by die hoofopskrif is seker ‘aangeval’?

Sune van Heerden ·

Dagsê Wat-ek-lees

Dis inderdaad ‘n fout, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Christo Pienaar ·

Hoekom kritiseer mense altyd die polisie? Hier het hulle, hulself uistekend gekwyt van van hulle taak, maar daar sal altyd Afrikaanse kermgatte wees.

Essie ·

Tyd hul bring metaalverklikkers orals aan, soos Mall’s, banke,ens.

Anny ·

Ook gewonder hoe kom n mes by die hof ingedra sonder enige deursoeking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.