Ooggetuie in Coligny-saak ‘vrees vir sy lewe’

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard. Foto: ANA

Die enigste ooggetuie in die Coligny-moordsaak wat glo erken het dat hy in sy getuienis in die hof gelieg het, meen sy lewe is in gevaar.

Bonakele Pakisi het aan African News Agency gesê hy voel nie meer vry om in die strate van Coligny rond te loop nie. Volgens Pakisi word hy aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou.

Pakisi was die enigste ooggetuie in die Coligny-moordsaak en sy getuienis was die sleutel tot Pieter Doorewaard en Phillip Schutte se skuldigbevinding. Pakisi het getuig hy het gesien hoe Doorewaard en Schutte die tienerseun van ʼn bewegende bakkie afgooi.

Dit het egter kort voor vonnisoplegging aan die lig gekom dat Pakisi glo teenoor vier verskillende mense erken het dat hy in sy getuienis in die hof gelieg het.

Volgens Pakisi sal hy Woensdag tydens ʼn mediakonferensie met die hele sak patats na vore kom.

Die appèlhof in Bloemfontein het in Augustus Doorewaard en Schutte se aansoek om verlof tot appèl teen hulle skuldigbevinding en vonnis toegestaan.

Bonakele Pakisi. Foto: Molaole Montsho

Die mans het hulle direk tot die appèlhof gewend nadat hulle aansoek om verlof tot appèl in die hooggeregshof in Mahikeng vroeër van die hand gewys is. Doorewaard en Schutte dien tans tronkstraf uit nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

AfriForum het vroeër aangedui dat hy die mans se appèlaansoek sal finansier.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard (28) en Schutte (35) in Maart vanjaar onderskeidelik tot effektief 18 en 23 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 vir Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat die tienerseun weens dié val gesterf het. Die staat het beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hulle werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Die twee mans het tydens die verhoor egter voet by stuk gehou dat Mosweu self van die bakkie afgespring het.

Die mans is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan die moord op Mosweu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Dries ·

Hy erken hy het gejok maar daai bang regter laat hom nog steeds toe as n staats getuie kyk in die land is enige iets moontlik tot die regstelsel val uit mekaar

Lee ·

Ek stem 100% saam met jou Dries. As dit anders om was en ‘n witte is dood het hulle die saak uit die hof uitgegooi. Patetiese regstelsel!

kolla ·

Is dit bewerings of dregtig die waarheid? “Glo” dui op ‘n bewering.

Maljan ·

Direk na die voorval was genoem n wandelende paartjie het die seun sien lê en toe net aangestap. Wat het van die wanelaars geword?

JR ·

Die wandelende paartjie was seker geeste en het net verby gesweef

Wessels Jordaan ·

Wanneer die man beweer die twee beskuldigdes het die seun van die “bewegende voertuig” gegooi, wie sê hy, wie het die bakkie bestuur? Die spook van Coligne? Wonder of die advokaat vir die verdediging beplan om die man te vra….

Marianne ·

DIE WAARHEID KOM ALTYD UIT! Ek hoop van harte dat Phillip en Pieter, se families finansieel vir hierdie twee en ‘n half jaar se hel vergoed gaan word en dat die mans elk, ‘n onverskonings brief van die Regeering sal ontvang.

Andre Stander ·

Wel, as hy nou iets sou oorkom en nie kan getuig nie gaan dit ons 2x manne se saak lelik benadeel…

Hoop maar hy kry sy dag in die hof – vir die ware weergawe van gebeure.

Pottie ·

Help nie hy getuig nie want hy het al reeds onder eed gelieg en die bang regter glo nog steeds sy stories wonder waar het die regter geleer

Yankee ·

Hoe onnodig!! So jammer vir jou. Waarom soek jy dan geen plek om in vrede te wees. Vele van ons in ander Lande leef tans wonderlik!! If you don’t seek, you will never vind!!

kolla ·

Het jy nie beter dinge om te doen daar in jou “wonderlike” land as om op ‘n SA webwerf te kuier nie?

Gaitsigubib ·

Kolla al verskil ons politiek kan ek nogal lag vir jou! Wat ek altyd by yank wil weet (maar hy is nie groot op antwoorde nie) is of hy lojaal sal bly aan die VSA as hul demografie teen 2040 in die guns van die swart bevolking swaai of skuif hy dan aan na die volgende land? Gaan n dag kom dat jy lojaal gaan bly aan jou land en sy mense of skuif mens maar van die een land na die ander as dinge te warm raak.

Hanlie ·

Hy laat 2 onskuldige mense tronk toe gaan omdat hy gelieg het. En nou is hy bang ….. Siestog hy moes daaraan gedink voordat hy gelieg het.

colleen ·

Hy het dus onder eed gelieg en moet vervolg word, maar hy is deel van die 42 miljoen wat beskerm moet word.

TDW ·

Ek is seker volgens die hof-dokumente het die bakkie homself bestuur met autopilot.
Nêrens in hierdie hofsaak het waarheid geseëvier nie. Die regter is heel moontlik af gepers of gekoop. Geen ordentlike regter sou hierdie saak so behandel het nie.

kolla ·

Een van hulle het bestuur en die ander een saam was met die oorledene agterop die bakkie. Daai feite word nie betwis nie.

GM ·

Hy het nie ‘n oomblik gedink aan die mans wie se lewens hy verwoes deur te lieg nie. Kry vir jou!

patriot ·

Ons almal weet hy word nie aangerand deur blankes nie, anders was dit al op die voorblaaie. So, word hy nou aangerand deur nie-blankes omdat hy erken het hy het gelieg? As hy nou iets moet oorkom gaan daardie manne se appel deur die mat val…

Skollie ·

Die regstelsel maak mos nie foute nie, al is die hof die plek waar die meeste gelieg word! Hoop die waarheid kom uit !

Anoniem ·

Herken hy jok en hulle sit nog in die tronk what a shame!!!!

Jacques ·

Deur die hele hofsaak is daar sprake net van die twee mans , as altwee die kind van die bakkie afgegooi het wie het dan die bakkie bestuur ? As die man dan nou alles gesien het , het hy seker ook gesien wie het bestuur ? Een plus een is twee nie elf nie Mnr. Pakisi . Jou storie maak so min sin , maar dit is seker die huis wat jy reeds gekry het wat jou laat praat het . En ja ek sal ook vrees vir my lewe as ek soveel nonsens kweit geraak het om twee mans onskuldig tronk toe te stuur .

$ ·

Om te vrees vir sy lewe nadat hy twee mense onskuldig in die tronk laat beland het deur sy leuens, en nie net hulle lewens vernietig het nie maar ook die lewens van hul families en ´n hele gemeenskap, is nie ´n ´match’ teen dít waarvoor hy moet vrees ná hierdie lewe nie – hoop maar hy maak reg, toon berou en vra vir en ontvang vergifnis voordat hy hierdie lewe verlaat.

Abe ·

Jacques,
Jou betoog berus op onkunde: niemand het ooit gese altwee die mans het die kind van die bakkie afgegooi nie. Die hof het gese: Doorewaard het bestuur, Schutte het die kind afgegooi. Altwee is skuldig aan moord omdat hulle met n gesamentlike oogmerk opgetree het. Lees die hofrekord weer. Gerugte dat die getuie gelieg het, is nooit in n hof getoets nie en daarom bly dit vir nou net gerugte. Moontlik sal dit ter sprake kom in die appelsaak, wanneer dit moontlik weerle of bevestig kan word maar tot dan bly die beskuldigdes, skuldig voor die gereg.

Bakkie ·

Hy het onder eed gelieg, meineed is strafbaar in die gereg. Laat hy maar ook sommet sit.

Hennie ·

Hoekom is hierdie nuuswaardig? Laat ‘n vlêrmuis ly in stilte!

Kas ·

As hulle Appel geslaag get hoekom kry hulle nie Borg tor die saak afgehandel is nie.As die getuie ‘n perskonferensie haan hou sal hy moet vrae beantwoord.Ek vermoed die appelhof het iets opgemerk wat nie strook met die getuie nie.Ek vra ook wie het gestuur en wie het hom afgegooi.As ek gelieg het sou ek ook vrees vir my lewe.Hulle norm dit skuldgevoel

Abe ·

Kas,
Hulle appel het nie geslaag nie. Hulle AANSOEK OM VERLOF TOT APPEL het geslaag. Die appelsaak moet nog voorkom. Lees my antwoord aan Jacques hierbo

n feit ·

O K, jou lewe is nou hel op aarde omdat jy onder eed gelieg het (dit beteken dat jy voor God die waarheid vertel) Jy het maw voor God gelieg. Nuus vir jou…………op aarde is die begin, dink wat van jou gaan word in die hiernamaals. Iets om aan te herkou boetie.

jakes ·

Indien die 2 mans onskuldig bevind word en dat Pakisi gelieg het moet die hoofregter ook regter Hendriks se bevoegdheid ondersoek. Pakisi moet dan die 2 mans se vonnis uitdien omdat hy gelieg het.

SjN ·

Gee vir die leunaar n toyota corolla outomaties na die perskonferensie.

KrokodilBotha ·

So , wanneer die twee nou onskuldig bewys word. Gaan daai regter ook op geskroef word ?? Dis tyd wat onbevoegdheid ook n misdaad verklaar word. 30 % is nog opad in die nabye toekoms.

Abe ·

KrokodilBotha,
Daar is geen moontlikheid dat die regter “opggeskroef” kan word nie, selfs al word sy uitspraak ter syde gestel deur n appelproses.

Koos ·

Ek hoop regtig die 2 mans dagvaar die staat,regter en die man wat gelieg het hulle moet hom sommer aankla vir minagting van hof omdat onder eed lieg

Hester ·

Ek wil weet wanneer begin die appelhof dat die 2 mans by die huis is net hul gesinne

Basson ·

Ek herhaal nou wat almal gese het. Hoe kan die regter getuienis vat en sy besluit maak om twee onskuldige mense te vonnis. He se dat die mans het die klonkie van die bewegende voeruig gegooi. Hulle praat nie van die drywer nie. Wie het dan bestuur. Nou watter regter of landros sal sy besluit op getuienis basseer wat n klomp snot is. Ons media is net so swak soos die in Amerika. Eensydig en kos die land klomp geld. Dit veroorsaak dat n man moet 2 keer dink hoe jy kan optree om jou en jou eiendom te beskerm. want jy het nie meer die regstelsel aan jou kant as goeie burger nie. Ons het groot veranderings nodig.

Diefie ·

O genade tog! Ons almal vrees vir ons lewe op straat en ons huise, selfs in die kerk. Ons word ook rassisties aanmerkins toegesnou. So, dink hy nou hy is uniek?

Lana ·

Hoe belaglik!!
2 manne sit in die tronk vir onderskeidelik 18 en 23 jaar, omdat 1 gelieg het.
Kan iemand met meer breins asseblief die som uitwerk?

Dan ·

Het hy gedink hy gaan lieg en niks gaan gebeur nie?
So het leuens ‘n manier om uit tekom, jy maak die bed – jy slaap daar in.

Mense sit in die tronk omdat hy gelieg het? Maar dit is niks..
Ironies een-kant-stelsel vir geregtigheid in hierdie land an ‘ons’.

PIPPIE LANGKOUS ·

Laat jy vrees boetie, jy het gelieg. Wonder hoeveel is jy betaal?

Johhnie ·

Mense en instansies waarvoor jy moet bang wees is A) MRK b) Polieste( Kan hulle nie anders noem) en die spul stigtings.

kolla ·

Hoekom neem julle aan hy het gelieg? Dis bewerings. Hy het “glo” gelieg.

Spook op thaba ·

Hy soek nou aandag al is dit negatiewe aandag. Geen simpatie met hom.

Jack Sadie ·

Dankie, Abe, lekker om ‘n redelike en beredeneerde boobskap te lees. Ons moet ophou woede aanblaas en altyd eers seker maak van ons feite. Ons raak net soos die betogers!

miekie ·

In paragraaf drie staan daar Pakisi het gesien hoe Doorewaard EN Schutte die seun van die bakke gooi. Dit is ongelukkig twee mense. Wie het bestuur.? Kan niks in die land bietjie vinniger as in slow motion gebeur niie. Die Pakisi het gelieg so staan daar in die berig ook.
Wanneer word die 2 manne nou vrygelaat

kolla ·

Jy moet nie alles glo (of net aanvaar dis reg) wat jy lees nie. Daar’s geen onduidelikheid hieroor nie. Doordewaard het bestuur en Schutte was agter op die bakkie saam met die oorledene. Hierdie wesenlike feit is nie deur die verdediging betwis nie, so jy kan aanvaar dit is so.

Foxi ·

Hmmm ek wonder nou. Diegene wat vir hom gesê hy moet lieg, wil seker nie nou sy beloning uitbetaal nie. Nou is hy bang hy word uitgevang. En ja….as die twee mans die oorledene nou van die bakkie afgegooi het….WIE HET DAN BESTUUR? Nee wat, niks ruim in hierdie saak nie. En hierdie twee mense bly sê, dat hulle hom NIE van die bakkie afgegooi het nie. Ek glo hulle, want ek dink die oorledene het uit vrees van die bakkie afgespring. Net my opinie……

J ·

Hy erken hy het gelieg.
Hy sê die waarheid kom Woensdag uit.
Hy sê hy vrees vir sy lewe (is dit dalk die Regter wat hom dreig?)
Media maak sy naam bekend en wys sy gesig.
Gaan hy rêrig Woensdag opdaag?
Ek glo nie. Iemand gaan hom mos voorkeer en beetkry – of hoe? Die wat nie wil hê die waarheid moet uitkom nie, gaan mos aanhou om die leuen lewend te hou.

Ek hoop hy sê wie het die bakkie bestuur terwyl die twee manne kamma die kind afgegooi het.

Mag hy boet vir sy vals verklarings – maak van hom ‘n voorbeeld.

Mag die staat ruimskoots betaal vir die twee mans se regskostes en hul pyn en leiding.

Kloekie ·

Die regter moet persoonlik gedagvaar word vir die sielkundige en finansiele skade wat die Arme 2 moes deurgaan. Hoe kon die regter steeds daai vonnis opgele het wetende die enigste getuie het gelieg?

Moppy ·

Ek voel werklik jammer vir di 2 manne en glo hul is onskuldig, en Bid ook werklik dat di waarheid sal nou uitkom dan moet hul werklik di Dept van Justisie dagvaar want dis werklik nodig as mens net al hul omstandghede in ag neem ek hoop nou ook rerig dat Agriforum hul werklik sal help dat hul saak klaar kom

RB ·

Die man het aan ‘n prokureur erken hy het gelieg in die hofsaak, ek ken die prokureur persoonlik. Gaan jy nou die getuie glo of die prokureur vir wie hy dit gesê het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.