Ooggetuie se weergawe betwyfel in Malibongwe-padwoedesaak

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Die getuienis van ʼn man wat beweer hy het gesien hoe ʼn motoris ʼn motorfietsryer in Februarie verlede jaar tydens ʼn oënskynlike padwoedevoorval op Malibongwerylaan doodskiet, is Donderdag in die hof in twyfel getrek.

Regter Brian Spilg het tydens die moordverhoor van Meekahaefele Masooa gesê die getuie, slegs bekend as mnr. Pandy, was te ver weg om van sy kantoor af te kon sien hoe die beskuldigde die oorledene in die rug skiet, soos hy getuig het.

Masooa, ʼn prokureur van Centurion, se verhoor is tans in die Johannesburg-landdroshof onderweg nadat hy aangekla is van die moord op Douglas Pearce (39) wat op 14 Februarie 2014 tydens spitsverkeer doodgeskiet is. Masooa, wat Donderdag ontspanne voorgekom het waar hy in die hof met ʼn hofbeampte geskerts het, beweer hy het uit selfverdediging opgetree nadat Pearce hom met ʼn handgebaar gevloek en met ʼn vuurwapen gedreig het.

Die hof het die toneel herskep wat daardie dag in Northriding afgespeel het toe Masooa se motor en Pearce se motorfiets langs die pad stilgehou het. Spilg het gesê Pandy, ʼn ooggetuie wat vroeër getuig het, kon nie gesien het wat hy beweer hy gesien het nie omdat hy te ver weg was. Spilg het gesê die uitsig van Pandy se kantoor sou nie toelaat dat hy kon sien of dit ʼn selfoon of ʼn vuurwapen in Pearce se hand was nie.

Ná die verrigtinge het Masooa buite die hof gesê hy is gelukkig met die ondersoek van die toneel omdat dit met die verdediging se beskouing saamstem dat Pandy nie duidelik kon gesien het wat gebeur het nie.

Konst. Makhos’onke Sithole het vroeër getuig dat hy die foto’s op die toneel geneem het die dag van die skietery. Hy het gesê nadat hy deur die toneel gestap het, het hy foto’s geneem en toe ʼn kruitneerslagtoets op die oorledene gedoen.

Sabelo Dingiswayo, Masooa se regsverteenwoordiger, het aan Sithole gesê hy is onseker van die volgorde van sy aksies die dag en het gesê Sithole het die buskruitoorskottoets gedoen tussendeur die foto’s wat hy geneem het.

Die verhoor sal volgende week hervat.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Riekie ·

En soos Magic!!!!! Gaian hierdie boef skotvry daarvan afkom. Hoekom is hy so rusting? Klaar die regter so ietsie onderdeur die tafel gegee?

Piet Snot ·

Dis lasterlik om te impliseer die regter sou iets onderdeur die tafel aanvaar het.
Sulke komm(i)ntaar hoort nie hier nie.

Celna ·

Hy gaan definitief skotvry daarvan afkom. Alles in hierdie land is korrup! Maak my siek!

MM ·

Maroela Media kan julle dalk se of die oorledene in die rug gesiet was?

Nico Strydom ·

Dagsê MM

Volgens die hofverrigtinge tot dusver blyk dit dat die man in die rug en arm geskiet is. Dit is egter nog nie duidelik of die skietwond in die rug dalk deur die oorledene self toegedien is nie. Hy het glo sy vuurwapen uitgeruk en moontlik toe homself raakgeskiet volgens getuienis in die hof.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Lynette ·

Hoe redeneer die regter? Die ooggetuie het iets in die man se hand gesien, en as dit n selfoon was, was die oorledene NIE nou dood nie!!!!

SNEL ·

Hoop regtig die waarheid kom uit, en dat Masooa nou nie net skotvry hiervan gaan afkom omdat Mr Pandy nou kamma nie kon sien wat gebeur het nie. Wonder of Douglas Pearce ooit n geweer uitgeruk het en dan as hy nou wel het, dink ek dis heel onwaarskynlik dat hy homself sou geskiet het. Ek dink nie eers dis moontlik nie, al is n mens hoe onhandig. Baie sterkte aan sy vroutjie, ek dink rou wonde word net met so saak weer oopgekrap, hoop die hofsake kom vinnig tot n einde en dat geregtigheid sal geskied.

Gjorg ·

Julle almal wat nou so geskok is oor wat die regter sê, wie gee julle die reg om die een ou se kant bo die ander te kies? Net omdat die een ou dood is beteken nie hy is outomaties die engeltjie in die verhaal nie! Net nog een van talle voorbeeld van eenogige Maroela media lesers…..hoe moet ek moes en hoop hê vir hierdie land as ek weet soveel mense is net plain onnosel. En gee op…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.