Ooggetuies gesoek na bakkie juffrou sleep

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Ooggetuies wat gesien het hoe Suzanne Leyden, ʼn Johannesburgse onderwyseres, etlike meters ver met ʼn bakkie gesleep is, word gevra om na vore te kom.

Maroela Media het vroeër berig Leyden, ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was op 20 November op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was.

ʼn Ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn man in ʼn wit bakkie glo Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Leyden saamgesleep.

Leyden was lank in ʼn koma ná die voorval en sukkel maande later steeds met haar gesondheid. Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie, staan nou tereg op ʼn aanklag van poging tot moord.

Die Hillbrow-landdroshof het intussen gevra dat enigiemand wat die voorval op 20 November sien gebeur het, konst. Peliswa Felez by 083 520 1239 bel.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bruno Stef ·

Maroela Media n saak het twee kante IVM my vorige kommentaar wat verwyder is.

Sandy ·

Sjoe, die man klink na ‘n boelie, ek wonder of hy dieselfde sou doen as dit ‘n man was, sies!!

Annie ·

Ja, n saak het twee kante, maar dit gee geen persoon die reg om n ander te wil seer maak nie! En in so n geval klim jy uit jou motor uit en ruil jou inligting uit! Soos n opgevoede persoon sou gedoen het. Jy ry nie my die ander bestuurder wat in jou venster vasteek weg nie! Maak nie saak wat gebeur het of wie verkeerd is nie. Gister het iemand uit sy kar geklim omdat hy verkeerd was ook. Maar hy wou my wys hy is groot en ek moet skrik. Ongelukkig was ek nie bang nie. Die padvark het toe gery sonder enige moeilikheid. Ons wil ons weg he, ons kan nie oordentlik met mekaar werk of praat nie. Daarom is die wereld so onderste bo!

pop ·

Sterkte met die een Deon Schoeman. n Saak het 2 kante en dan n vrou se kant. En net daar verloor jy!!!!

Henry ·

Jip.
Ek vermoed dat die gereg in hierdie geval sy tande behoorlik gaan wys.

Antonie willem van den berg ·

Hoekom gil en skree almal vir geregtigheid soos met die Oscar saak. Hierdie vrou se lewe is deur n arrogante padvark verwoes wat nie eens die opvoeding het om verskoning te vra nie. Of enige berou te toon nie.

Bloues ·

Ag nee kom noe Bruno Stef. Jy weet mos nou jou storie dra geen water nie. ‘n Vrou se hand in die venster vas en die voertuig beweeg en die bestuurder kom niks agter nie. Nee man, dink weer mooi hieroor.
As sy haar hand kon insteek sou sy weer kon uittrek behalwe as die venster toegedraai word.
Sy sou geskreeu het maar nogtans nie gehoor word nie.

Nee wat hierdie lyk vir my na n bullebak wat nou moet pa staan vir sy optrede

Berhalet Beukes ·

Ai, jy sal ongelukkig gewees het met jou vrou se optrede gewees het as dit sy was? Wie is jy? God? Jou optrede/kommentaar sê baie van wie jy is.

Bruno Stef ·

Mense moet net ONTHOU daar is drie weergawes ( 1.My storie 2. Jou storie 3. Die werklikheid. Ek het al in die lewe baie ongeskikte mans ontmoet maar net soveel kyfende beterwetige vroue so albei van hulle se weergawes het meriete oordeel maar self op n onpartydige manier.

EMK ·

Ai ai Bruno, was JY daar dat jy alles weet? As die ou so onskuldig was hoekom het hy nie lankal probeer regmaak deur minstens om verskoning te vra vir haar pyn en lyding nie? Hy is nie ‘n MAN nie en jy ooglopend ook nie.

Michiel ·

Mens wonder natuurlik oor oor die “mans” wat namens die beskuldigde hier kommentaar lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.