Ooggetuies gesoek ná tref-en-trap

Michael van Wyk en sy seun Kyle. Foto: Verskaf

Michael van Wyk en sy seun Kyle. Foto: Verskaf

Michael van Wyk (40), ʼn elektroniese tegnikus van Centurion, is reeds twee weke lank onder verdowing in die hospitaal nadat hy kritiek beseer is in ʼn motorfietsongeluk.

Daar word ʼn beroep gedoen op ooggetuies om na vore te kom omdat die ander voertuig, vermoedelik ʼn motor, glo van die toneel af weggery het.

Elbie van Wyk, Michael se vrou, het aan Maroela Media gesê die botsing het Sondag, 28 Februarie, omstreeks 19:00 by die oorgang van Samrandlaan en Sterlingweg plaasgevind.

“Ons was vir middagete by sy ouers in Roodepoort en daarna op pad terug na ons huis in Rooihuiskraal. Ek en ons seun, Kyle (6), was in ons motor, ʼn ent voor Michael wat met sy motorfiets gery het. Ek het by die huis aangekom en vir hom ʼn boodskap gestuur om te vra waar hy is, maar hy het nie geantwoord nie,” het Elbie gesê.

Dit is onduidelik hoe die botsing plaasgevind het. Ander motoriste het ná die botsing op Michael afgekom, maar die voertuig wat in die botsing betrokke was, was nie op die toneel nie.

Michael se ma het intussen sy selfoon geskakel waarna een van die omstanders haar van die botsing ingelig het. Michael is in ʼn kritieke toestand na die Unitas-hospitaal gehaas.

Sy toestand is tans stabiel, maar steeds kritiek. “Hy word al twee weke lank in die hoësorgeenheid behandel. Hy word onder verdowing gehou en is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel. Hy het ernstige inwendige beserings opgedoen. Sy regterbeen is sleg gebreek, hy het permanent hoë koors en moes al ses operasies ondergaan.”

Elbie het gesê geeneen van die motoriste wat haar man bygestaan het, het die motor gesien of hoe die ongeluk plaasgevind het nie. “ʼn Stuk van die motor se buffer het in die donker gelê en dit was ʼn ligte kleur. Die buffer is egter saam met die motorfiets se wrak deur ʼn insleepvoertuig verwyder. Ek was ʼn dag later op die ongelukstoneel en het silwer stukke opgetel wat lyk asof dit van ʼn motor kan wees. Daar was ook rooi glasstukke wat lyk soos dele van die ligte van ʼn motor.”

Mense met meer inligting oor die voorval kan Maroela Media e-pos by [email protected], om in verbinding met Elbie te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hannelie ·

Waar is jy lafaard? Kom na vore en erken jou fout. Want as jy weggery het was jy duidelik die skuldige in die ongeluk.

cindy ·

Hoe kan die insleepdiens net die bumper verwyder? Waar is dit nou? Dit klink fishy…probeer hulle cover vir iemand? Iemand het wel iets gesien of dit sal tog iewers uit kom. Gee net kans. Sterkte en ek hoop dat hy ten volle sal herstel.

Liezl ·

die bumper is met die versekering, hulle het dit nodig vir die eie glo

Cheryl ·

Ag hemel hoe onmenslik kan een mens wees wat net wegjaag na so iets gebeur het.. Mag jul die persoon vind… Bid vir beterskap xxx

Anna ·

Ons groot troos is dat GOD altyd in beheer is en presies weet wie die oortreder is , miskien is HY al reeds besig met hom. Ons gebede is vir spoedige wonderbaarlike genesing net soos HY alleen dit kan en wil doen. Dankie JESUS Amen en Amen

Susan du Toit ·

Ek hoop julle kry die skuldige maar daar is soveel ” back yard mechanics” die feit bly staan die
insleep diens moet meer weet wat opgetel is ek sal hulle verantwoordelik hou en waarheen is
die motorfiets gevat

Gesiggie ·

Hannelie ek stem, as hy dan nie n Lafaards was, en weet dat hy onskuldig is? hoekom wegry” Tref en Trap…. Ek hoop die persoon verantwoordelik word gou opgespoor… SterkteMichael, mag jy gou herstel.

DPJ ·

Al is die leun hoe snel die waarheid haal agterhaal hom wel.
Sterkte aan die van Wyk familie. Mag die God die Helige Gees met hulle wees.

Marius ·

Die bumper is die leidraad. Vind uit watse bumper dit is en ondersoek wie een bestel het onlangs

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.