Oom gevonnis ná verkragting van 3-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is in die Kokstad-streekhof gevonnis vir die verkragting van ʼn driejarige.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het sy susterkind op 14 Maart 2014 in die Thembeni-area in KwaZulu-Natal verkrag.

Die dogtertjie het vir haar ma vertel wat gebeur het en ʼn saak is by die polisie aanhangig gemaak. Die man is kort daarna in hegtenis geneem.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die vonnis verwelkom. “Dié vonnis moet as ʼn waarskuwing dien vir diegene wat daaraan dink om dié soort misdaad te pleeg. Ek doen ook ʼn beroep op slagoffers om nie stil te bly nie, maar oortredings aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vivian ·

Goed so. Hoop die howe hou aan om sulke mense swaar te straf

Baie trots ·

Ek is baie trots op die Social workers SA en dan natuurlik Polisie, Staatsaanklaer en regter. Dit is al die hoeveelste saak wat social workers daadwerklik optree, bewyse saam met Polisie insamel en hof toe neem, n uitstekende staatsaanklaer en regter om te veg en te staan vir die regte van n kind.

M ·

Dit is net jammer dat so min van die sake aangemeld word want hier is baie verkragters wat vry loop in die land omdat daar nooit n saak gemaak is teen hulle. Die verkragters het altyd baie slim planne om hulle slagoffers te intimideer om stil te bly.

Help 'n bietjie ·

Verskriklik, geen kind verdien dit nie. Hoeveel is lewenslank in SA, of kan hulle vir goeie gedrag na 3 jaar vrygelaat word? Terwyl daar nou altyd so baie regskenners op die forum is, help bietjie hier asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.