ʼn 32-jarige man is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis in verband met die grusame moord op vier van sy suster se kinders.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het bevestig Ben Zimele Mbhele is tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuld beken het op alle aanklagte.
Die hof het gehoor hoe hy die kinders op 2 September 2017 in Ncukeni, Port Edward, vermoor het.
Maroela Media het vroeër berig Mbhele is in hegtenis geneem nadat drie kinders, tussen vier en 12 jaar oud, is omstreeks 07:00 die oggend met verskeie steekwonde in ʼn huis aangetref. Hul linkerore is afgesny. ʼn Vierde kind se liggaam is buite die huis aangetref, ook met verskeie steekwonde aan die bolyf.
Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en gesê hy hoop dit bring berusting vir die familie.